Ek is die vrou onder ʼn wildevyboom wat leer saamleef met fibromialgie
Don't wanna be here? Send us removal request.
Text
Ek onthou: "Die stilte in myself .."
Die aankondiging van Hannetjie de Clerck se kunsuitstalling in die maand van Mei van lank gelede kom op my Facebook-“You have memories” verby … Ek onthou ‘n boek en vrede kom hang in sagte vanielje om my. In my ore weerklink die woorde van bladsy sewe: “In mosaïek van chaos en gewoel vind ek ‘n kalm stilte in myself.”uit: Die stilte in myself Hierdie juweel pryk nou nog op my boekrak. Ek en…
0 notes
Text
Afrikaans het sy kinderskoene ontgroei!
©Rina Bester “Op 8 Mei 2025 staan ons taal 100 jaar sterk binne sy erkende amptelikheid, maar sy storie begin nie in 1925 nie. Afrikaans se komvandaan strek terug na die 1500’s met die eerste klanke geskep deur die Khoi-Khoi en Europese seevaarders as kontaktaal om mekaar te verstaan en te onderhandel.” Lees meer hieroor en Afrikaans se 100 jaar mylpaal wat ons hierdie jaar vier op…
0 notes
Text
Die tannie het net goed bedoel ...
Tannie Sannie se brief aan Helena Image by Deborah Hudson from Pixabay Mev Sannie Kriel p/a Poskantoor CARNAVON 24 Januarie Aan my dierbare Helenatjie Dit gaan goed met die gesondheid en Tannie hoop dat dit goed gaan met jou ook. Ek kuier mos al ‘n maand hier by die kinders in Johannesburg en ek kan nie kla nie. Alles is onder omstandighede tog heel aangenaam. Hulle los my net…
0 notes
Text
Al skeppend
Uit die kunste sal ons nie altyd ryk word nie, maar dit is beslis ‘n manier om die wêreld waarin ons woon ‘n mooier en draagliker plek te maak. Om enige kuns te beoefen laat ons tog altyd goed voel. Image by NoName_13 from Pixabay In hemelsnaam, maak dus soos die Amerikaanse skrywer, Kurt Vonnegut, voorstel en sing uit volle bors in die stort … Image by chitsu san from Pixabay Vertel stories…
0 notes
Text
Opera gids
Ek blaai deur die “A to Z of Opera” en ek staan verstom oor die draad wat daardeur loop: As iemand met ʼn mes gesteek word, bloei hulle nie – hulle sing! Dit sommer terloopse tong in die kies oor opera… Hierdie kleine gids met sy 761 bladsye in ʼn 12cm x 13,5cm verpakking, bly maar altyd vir my ʼn handige bron van blits inligting oor opera’s en hul komponiste. Soms blaai ek net daardeur terwyl…
1 note
·
View note
Text
'n Nuwe dag
Image:Pixabay Ek lê half wakker in die grou lig van hierdie nuwe dag en ek hoor ook soos Ina Rossouw hoe: “Klankdig ligloos is die land –maar dan, baie omsigtig,begin ‘n lysterdie stilte uitmekaar haal …”Ina Rossouw- En dit is die mooiste dag vir my! Loading… Leave a comment Cancel reply Δ
0 notes
Text
Meeste gelees
©Rina Bester Soos hierdie saadjies in die wind versprei, so waai my woorde in die kuberwind en land hulle iewers op iemand se skerm via Facebook, Instagram, Tumblr of ‘n e-pos met die skakel na my blog. Dit maak my bly 10 Maart : Fibromialgie en ek – Hoekom is ouma se oë so groot? 14 Maart: Dagbrekertjie – Koelkop Loading… Leave a comment Cancel reply Δ
0 notes
Text
Koelkop
©Rina Bester Ek raak nooit betrokke by politiekery nie, maar ek maak Heredotus se wysheid aan die einde van elke dag deel van my aandgebed wat ek aan die wêreld se magsdraers opdra: “Vader, gee aan hulle koel koppe en wysheid om ons wêreld heel te hou, al is die verskille hoe groot. Want niemand is tog so gek om oorlog bo vrede te begeer nie? Dit is dan nou eenmaal so dat seuns hul vaders in…
0 notes
Text
"Hoekom is ouma se oë so groot?" (1)
Die heelal waarin ons woon is te groot vir gewone sterflinge om alles te sien en te verstaan. Daarom wys God vir ons die skoonheid daarvan net in klein bietjies. Soms is dit die lig. Soms is iets sommer net mooi. Soms is dit die gevoel van daardie oomblik toe ek daar was. Dít maak my mens. Dit laat my oorleef met ‘n lewe met pyn. En toe word ek ‘n volstruis genoem! En ek huil. Ek het gehuil,…
0 notes
Text
Meeste gelees
Julle is vandag die vonkel in my wyn en die ritme in my sokkies, my hart se punt en die rede hoekom ek liedjies in die reën wil sing! My lesers se prioteite is reg met dit wat almal hierdie week die meeste gelees het. Ons taal, kinders en kos! 3 Maart – Ons taal trek sy kinderskoene uit4 Maart – Kindertyd7 Maart – Viskoekie finesse Met dankbaarheid vir elke vinger wat hierdie week op die…
0 notes
Text
Viskoekie finesse
©Rina Bester Viskoekies in die pan gaargemaak is maar ‘n morsige spulletjie en die opruim kan langer neem as die bakkery self! Die vrou onder wildevy is pure dromer daar onder haar boom en ek soek altyd korter paaie om lastighede, soos kosmaak, so gou as moontlik agter die rug te kry. Daarom bak ek al vir jare my viskoekies in die oond! Ek is seker hierdie viskoekies sal byval vind my die ma’s…
0 notes
Text
Oordeel
©Rina Bester Die verskil tussen ‘n blom en onkruid is glo gesonde verstandmaarhoe gemaak as mooi maar net mooi is?Wie is ék dan om te oordeel? Want staan daar dan nie in Lukas 12:27 :Kyk hoe groei die blomme in die veld. Selfs Salamo met al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie! Selfs die Engelse laat die oordeel aan dié met gesonde verstand as hulle sê: “Beauty lies in the eye of the…
0 notes
Text
Groet die dag ...
©Rina Bester Groet die dag en steek jou tong uit vir maandag, want die week is op sy rug. Nou is dit afdraand naweek toe! Like Loading… Leave a comment Cancel reply Δ
0 notes
Text
Kindertyd
©Rina Bester “Kindertyd is ‘n wondertyd van droom en speelwaar enigiets moontlik is …‘n Tydlose plek waar minute nie getel word nieen die ure soet is van geluk.” Volg die skakel hier onder na ‘n wysheid op Facebook oor speeltyd (en ook die tyd van drome) van kinders: https://www.facebook.com/groups/theorderofpen/permalink/701064891769847/?sfnsn=scwspmo&ref=share&mibextid=VhDh1V Kindertyd is…
0 notes
Text
Ons taal trek sy kinderskoene uit
©Rina Bester Toe onse taal nog in sy kinderskoene was, het van die woorde al reg kom lê. Dit die einste woorde wat, nou jare later, by my opgekom het toe ek my wilde bure se partytjie-slagveld een oggend deur die venster staan en beloer het: KLAAS GESWIND EN SYN PERD (Uit Groot Verseboek 2000) As jy misskiin nog met jou maat, Bo in di dorp sit lag en praat; Fergeet jy, jy moet huis toe…
0 notes
Text
Meeste gelees
©Rina Bester Ek weet nie van nog ‘n vrou wat haar spieëltafel met Franz Kafka deel nie, maar ek weet wel wat julle die meeste hierdie week gelees het op rinabester.wordpress.com! Om te lag https://wordpress.com/post/rinabester.wordpress.com/4362 ‘n Leeu vat take-aways https://wordpress.com/post/rinabester.wordpress.com/4277 Gerrit se…
0 notes
Text
In die oorlogtyd ...
Ek kan mos ʼn tweedehandse boekwinkel nie verbyloop nie. Ek sal probeer. Vassteek. En teruggaan. En ingaan, want, so redeneer ek keer op keer net soos Austen Phelps: Dra ‘n ou jas en koop ᾽n nuwe boek! En wat ʼn juweel het ek nie nou die dag in 7de straat raakgeloop nie: Hierdie storie gee ʼn besonderse kykie na ʼn tyd, plekke en die mense wat dit deur die Anglo-Boereoorlog gewurg het. Die…
0 notes