Tumgik
annineamalfi · 9 months
Text
Mal Minori
Minori skrik vir niks. Die inwoners is luidrugtig en verdraagsaam en gemoedelik en kuierig en 'n paar baie onbeleefd. (Die tannie by die groentewinkel in die hoofstraat raas bv hewiglik met almal wat durf aan die groente vat. Die man en vrou by die kruidenierswinkel verwelkom my egter altyd asof ons ou vriende is).
Die dorp begin lewe as die son agter die berg verdwyn. Die winkeltjies maak na siesta so teen 17:00 of later, nes hul harte begeer, oop. As dit skemer is, is almal aan die kuier in die hoof voetgangerstraat, piazzas, boulevard teen die see en eetplekkies.
Die gekuier hou tot laat aan. Van 22:00 af begin die dinge eers regtig. Die kinders speel bal in die stegies; daar is optogte met orkeste ter ere van die een of ander 'saint' (en hier is baie); konserte op die trappies van die kerk en in die piazzas; sokkerwedstryde op 'n baan teen die seevront; naweek-stalletjies van 10:00 tot 1:00; die toet van ferries en busse. Eers teen 1:00 plat die gewoel af.
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Minori het 'n klein lemoncello fabriek. Net die lang Sorrento suurlemoen word gebruik. Dit word baie dun afgeskil en 3 dae in alkohol gelê. Daarna word die skil afgegooi en die gegeurde alkohol gemeng met 'n suikerstroop en suiwer uitgedrukte lemoensap. Dit word gebottel en moet dan so 14 dae staan.
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Minori nou en toe. Die groot fontein op die hoof plein is regs en op die ou foto, net-net sigbaar links langs die lang bootmas. Die see was tot bo teen die geboue.
Tumblr media
Tumblr media
Minori lewe:
Tumblr media
Uitsig na Ravello op die berg.
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media Tumblr media
Tumblr media Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Totsiens Amalfi kus!
1 note · View note
annineamalfi · 9 months
Text
'n Ander paadjie na Amalfi
'n Vinnige blik op op 'n ander roete van Atrani af na Amalfi. Die een opsie is pad langs te voet of met die bus, of deur 'n onopvallende stel trappies uit Atrani se piazza deur die styl woongebied.
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
1 note · View note
annineamalfi · 9 months
Text
Sorrento
Van Minori af loop die pad agter oor die berge na die binneland en weer af na die see waar Sorrento op rotskranse geleë is en uitkyk oor die baai van Napels. Dis 'n groot dorp wat ook 'n mooi historiese gedeelte het.
Sorrento is bekend vir hout inlegwerk, kantwerk en sy oorvloed van suurlemoene. Sorrento suurlemoene ('n langwerpige vorm suurlemoen) is die enigste suurlemoene wat sommige limoncello fabrieke aan die Amalfi kus gebruik. Limoncello is 'n suurlemoen likeur wat yskoud bedien moet word na aandete.
Sorrento het nie veel van 'n strand nie, daar is betonblaaie gebou met stoele en sambrele en afgebakende swemplekke.
Tumblr media Tumblr media Tumblr media Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Ou vervalle watermeule in die kloof wat in die dorp op loop.
Tumblr media
Tumblr media Tumblr media
2 notes · View notes
annineamalfi · 9 months
Text
Ravello se Villa Cimbrone
Villa Cimbrone staan op 'n rotsgedeelte in Ravello bekend as 'Cimbronium', waarvandaan hy sy naam kry. Die vroegste verwysing na die villa is in die 11 de eeu toe die villa behoort het aan 'n adelike familie.
Vandag is die villa 'n gesogte vyf ster hotel wat ná baie verbouings deur die jare blykbaar nie veel van die oorspronklike struktuur oorgehou het nie.
Besigtiging van die hotel is nie toegelaat nie maar die tuine, 'n groot aantrekingskrag, is te besoek teen 'n fooi.
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
1 note · View note
annineamalfi · 9 months
Text
Positano - jewel of the Amalfi coast
So staan die dorpie bekend. En hy doen die beskrywing gestand. Maar beslis meer op sekere dae as ander. 'Sekere dae' sluit in: minder toergroep dae; koel dae; net-net buiteseisoen dae wat minder hoë prys dae meebring.
Positano vertoon op sy mooiste van die see af. Die geboue wat feitlik vertikaal op die hange van die berge en klowe en rotse gebou is, is genoeg om mens na jou asem te laat snak, so ook die busrit na die dorpie.
Bewyse bestaan dat Positano al so ver terug as 6000 vC bewoon was. Die oudste deel van Positano is hoër op die hange gebou omdat die inwoners blykbaar bang was vir seerowers en tsunamies van die vele aardbewings. Romeine het omtrent 100 vC hul villas begin bou , wat later alles deur berg Vesuvius se uitbarsting vernietig is.
Toe en nou:
Tumblr media Tumblr media Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media Tumblr media Tumblr media
Druk vir 'n plek op die boot in die snik hete middag.
Tumblr media
2 notes · View notes
annineamalfi · 9 months
Text
O, die donkie
Tumblr media
Die Amalfi kus is lief vir hulle donkies. Keramiek donkies. Seegroen donkies. Donkies wat suurlemoene dra. Enige donkie.
Vietri sul Mare het in die jare 30 gesoek na 'n embleem vir hulle keramiekware. Richard Dolker was die man wat die eerste donkie op hul keramiek geverf het en daarna het dit die simbool van hul keramiekware geword.
Mettertyd het die donkiebeeld vir die inwoners van die Amalfi-kus 'n gelukbringer geword, 'n ikoon van harde werk en die goeie gees van die Amalfi mense. Sy bharde werk en verdraagsaamheid is ook later in die kunste uitgebeeld. Daar is selfs 'n fontein ter ere van die donkie opgerig: "Fontana Cap’ e Ciuccio" (die Donkiekop fontein).
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media Tumblr media Tumblr media Tumblr media Tumblr media Tumblr media Tumblr media
O die donkie!!
1 note · View note
annineamalfi · 9 months
Text
The bells that invite us to pause...
Ongelukkig is die pragtige klanke van kerkklokke 'n voortslepende twispunt in Italië - die sogenaamde 'Battle of the Bells'.
Die debat oor die lui van kerkklokke is blykbaar nog lank nie verby nie. Die mees onlangste poging om die saak op te los, is 'n nuwe stel reëls vir die kerk aangaande dié onderwerp, uitgegee deur 'n belangrike biskop. Voorstelle oor dié saak is egter al deur menige belangrike Katolieke figuur gemaak, sonder die sukses van ooreenstemming. Daar is ook al menige sake teen die kerk, dorpìes, stede en priesters gemaak. 'n Vrou wat langs 'n ou kerk woon, het ook 'n saak aanhangig gemaak, haar klag: vereensaming omdat haar vriende nie meer wil kom kuier agv die harde klokslae nie en gehoorverlies. Omgewing-aktiviste is ook betrokke agv geraasbesoedeling (sommige kerke het tot 200 klokslae per dag). Algemene voorgestelde riglyne is oa: klokslae net gedurende die dag, sagter slae en korter slagtye, net met dienstye en sekere vieringe.
Ter verdediging van die lui van kerkklokke is al aangevoer dat dit 'n uitdrukking van kulturele waardes en godsdienstige vryheid is en 'n manier om die teenwoordigheid van die kerk bekend te maak. Amen.
Die meeste kerkklokke word outomaties gelui, maar al die ou klokke kan natuurlik met die hand ook gelui word.
Minori se kerkklokke is so 200m skuins voor my en die volgende is wat ek kon uitmaak van dié dorpie se besluit: elke uur kry sy aantal slae; die halfuur word aangedui deur 'n kort slag in 'n hoë toon en dan die aantal van die uur wat verby is, in 'n laer toon; 6 uur kry 'n hele klokkespel net voor die uur aangekondig word; net voor die 7uur diens is die slae 3-3-4 en dan na n minuut, die uurslae; 'n troue kry 'n klokkespel en die klokke is stil van 12 uur tot 7 uur.
4 notes · View notes
annineamalfi · 9 months
Text
Hier is die uur-klokslae deur 'n klein hammertjie geslaan, regs heel onder. Links in die middel is ook een wat ek al in aksie gesien het.
2 notes · View notes
annineamalfi · 9 months
Text
Ek gee gelukkig glad nie om vir die oorverdowende klokkeklank wat elke dag by my venster in waai nie.
6 notes · View notes
annineamalfi · 10 months
Text
Napoli
Napels is die derde grootste stad in Italië naas Rome en Milan. Dis vuil en skoon en besig en raserig en oud en verrassend en Maradona bedonderd.
Die stad is glo die geboorteplek van die pizza. Plat stukke brood, met 'n bolaag van enige soort kos, is aan die arm mense uitgedeel teen 'n minimale koste. 'n Bakker, Raffaele Esposito, het die arm-offerdis verander deur net kaas, kruie en tamatie te gebruik, die wêreld se eerste Margherita pizza.
Napels loop, soos oral hier, oor van geskiedenis. Daar is twee koninklike paleise, drie groot kastele, menigte ruïnes oral in die stad en 'n oorlading van kerke. (Wat my dwars in die krop steek is die feit dat geboue nie net langs die kerke gebou is nie, maar behoorlik vas aan die buitemure daarvan). Daar is hope museums, markte, ondergrondse grafte, 'n operahuis, monumente en menigte ou straatjies in die 'Centro Storico'. Die hoofstraat van 'Centro Storico' bestaan uit n hele paar strate wat dit 2 km lank maak. Die straat deel die ou gebied in twee. Om dit maklik te maak is diè elle lang straat Spaccanapoli genoem.
Die groot plein hieronder was aanvanklik aan Napoleon opgedra, maar die politiek het gedurende die bou daarvan so verander dat die planne verander is en dit Piazza del Plebiscito genoem is, te doen met Napels se inskakeling by die Koninkryk van Italië.
Tumblr media
Tumblr media
Onder een van die kerke is n ou mark ontdek wat skynbaar deur 'n grondskuiwing begrawe was. Die nageslag het dit nie van waarde geskat en die kerk bo-op gebou.
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media Tumblr media Tumblr media Tumblr media Tumblr media
Lekker afval!! Vars gehang in 'n waterstort met foto's van die disse wat jy kan bestel daarvan.
Tumblr media
Hamme vir die pizza
Tumblr media
Tumblr media
'n Ongelooflike winkelsentrum.
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
2 notes · View notes
annineamalfi · 10 months
Text
nog Napoli
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Versiering in een van die eetplekke!
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Nie 'n gebou nie - 'n skip in die hawe!
Tumblr media
1 note · View note
annineamalfi · 10 months
Text
Salerno - vervolg
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Hierdie deur is net 'n ingang tot n binnehof vir n paar woonstelle. In die kleiner plekke is dit n groot portaal waar bewoners hul kinderstootwaentjies ens los.
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
4 notes · View notes
annineamalfi · 10 months
Text
Salerno
Salerno is waar die Amalfi-kus aan die ooste begin. Ek het gereken hy tel nie want dis n groot hawestad. Maar hy is terselfdertyd ook baie oud en interessant.
Op die berg agter die stad is die ruïnes van die Arechi Kasteel. Ek wou dit baie graag besoek maar dit sluit 'n stappie van 800m die berg op in. En daar is 'n hittegolf...
Tumblr media
Ek wou ook graag die botaniese tuin, die 'Minerva Gardens', besoek. Dit is ongelukkig gesluit vir opknapping. Die tuin is in die 18de eeu geskep deur n prominente dokter van die Salerno mediese skool. Hiermee het hy die eerste voorbeeld van n botaniese tuin begin: 'n plek waar hy studente kon leer van die waarde van plante in geneeskunde.
Nog n eerste vir Salerno was die 'Schola Medica Salernitana' - die eerste mediese skool in die wêreld. Dit het in die 9de eeu in 'n klooster tot stand gekom. Dit was uiteindelik tot in die 13de eeu die belangrikste bron van inligting in die mediese veld in die weste van Europa.
Daar is ook eeu-oue ruïnes in die stad- die van 'n 'medieval aqueduct' wat in die 9de eeu gebou is om water aan die klooster in die dorp te voorsien. Die akwaduk is die onderwerp van bygeloof onder die plaaslike bevolking, egter nie n mooi legende nie - moet net nie 'from dusk till dawn' onder die boë deurloop nie!
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Hierdie lemoncello-spritz het my 'tipsy' die kerk ingestuur.
Tumblr media
Die kerk 'Duomo dei Salerno' se bouwerk het in 1076 begin, dit is heelwat keer verander en later in die tweede wêreldoorlog beskadig. Hy is uiteindelik herstel so na as moontlik aan die vroegste planne wat hulle kon kry. Die kerk is opgedra aan onder andere die apostel Matteus, wie se beendere glo hier bewaar word.
Die voordeure is van koper en uit die Bisantynse tyd (1330-1453). Daar is drie gange in die kerk wat by imposante altare eindig. Uitgrawings van ou kolomme is in die mure oopgelaat om te beskou en daar is oral mosaïk.
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Die 'grafte' van Matteus en 'n ander heilige kan in die kelder verdieping besigtig word. Jy stap in 'n ander wêreld in, dis ongelooflik.
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Salerno het menigte ou straatjies.
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
2 notes · View notes
annineamalfi · 10 months
Text
Minori se Saint Trofimena
Minori blyk 'n sterk gelowige Katolieke gemeenskap te wees. Een van die eerste dinge wat ek meegedeel is, is dat daar elke dag om 19:00 'n diens in die kerk is.
Almal wil my vertel van Saint Trofimena. Die 'heilige Trofimena' word beskou as die beskermer van die dorp. Daar is natuurlik 'n lang geskiedenis van kultuur, geloof en tradisies wat aanleiding gegee het tot haar verhaal en verklaring as heilige. Minori se kerk is 'n belangrike een omdat van haar beendere hier bewaar word.
Die gedenk-vieringe van Trofimena vind 3 keer per jaar plaas, wat blykbaar besonders is aan Minori. Ander gemeenskappe vier hul heiliges net een keer per jaar.
In aanloop tot die vieringe word die dorp versier met pragtige ligte en vele konserte vind plaas tot baie laat in die nag.
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Die Julie-vieringe loop op 'n hoogtepunt uit op die 13e wanneer die winkels sluit, mense die strate invaar, klassieke musiek gemaak word, stalletjies opgesit word en vele dienste in die kerk, met verskillende rituele, gehou word. Een van die rituele is 'n lang optog net na die 7uur diens, waaraan almal deelneem. Dit volg die dorp se voetganger-hoofstraatjie tot ver op in die vallei en weer terug kerk toe.
Teen 11 uur is daar talle liggies van bootjies op die see wat inbeweeg Minori toe. Dan vind daar ter afsluiting, 'n ongelooflike vuurwerkvertoning plaas.
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
4 notes · View notes
annineamalfi · 10 months
Text
Pizza?
A 2,000-year-old Pompeian painting showing what could be a distant ancestor of modern pizza. Photograph: Parco Archeologico di Pompei.
Tumblr media
Rachel Roddy’s pizza inspired by the Pompeii fresco (painting). Photograph: Victor Sokolowicz.
Tumblr media
Ristorante La Botte's pizza in Minori inspired by the Pompeii painting. Photograph: Annine Daling.
Tumblr media
3 notes · View notes
annineamalfi · 10 months
Text
Atrani
Atrani lê langs Minori, so 'n paar kilometer wes op pad na Positano en Sorrento. Dis waar die draaie baie skerp en nou raak. Tumblr laat net een video per 'post' toe, dus gaan ek soms 'n stukkie busrit invoeg. Ek vang net nie altyd die beste nie!
Atrani is 'n baie klein plekkie, maar ek dink die swemstrand en 'andersheid' trek die besoekers, wat sommer van Amalfi af kan stap. Die hoofpad loop amper bo-oor die strand. Daar is trappe van die hoofpad af strand toe en dan onder deur 'n groot poort na die piazza en die res van die dorpie. Die piazza het 'n fonteintjie, 'n paar eetplekke, 'n 'mini market' en 'n negosie-winkeltjie. (In Italiaans is 'n winkel toevallig 'negozio').
Minori lê regs om die draai.
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Die huisies is die een op die ander gebou. Dit is bereikbaar met die kleinste gangetjies met trappies oral van die 'hoofstraat' af.
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Omgewing:
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
Tumblr media
3 notes · View notes
annineamalfi · 10 months
Text
aanhangsel
Vietri lê op die koppie na links.
Tumblr media
3 notes · View notes