Tumgik
gemeentefokus · 7 years
Text
The Awful presence of God - David Wilkerson
Kyk dit hier
0 notes
gemeentefokus · 7 years
Photo
Tumblr media
Kontak: Connie 012 997 8064
0 notes
gemeentefokus · 7 years
Text
21- DAE VAS: GEBEDSPUNTE - WEEK 2: 12-19 Maart 2017
Laai die week se program hier af
Kontak: 012 997 8068 | [email protected]
0 notes
gemeentefokus · 7 years
Text
Ons sê dankie Here!
Dis wonderlik om te sien hoe die sluise van die Vaaldam oopgemaak word; dis musiek in ons ore dat die waterbeperkings in Gauteng opgehef gaan word en dat die damme bykans almal vol is. Baie het voorspel dat die Vaaldam jare sal neem om vol te word - dis ‘n wonderwerk van God. Ons buig voor die Vader in die hemel met diepe eerbied en ontsag en ons erken dat Hy die enigste ware God is wat die wolke, weerligstrale en natuur kan beveel en onmiddellik reageer deur mildelike reën te stuur. Hy het meer gegee as wat ons ooit kon dink of vra! Ek wil graag die gemeente oproep om eerskomende Sondag tydens die oggenddiens as gemeente 'n spesiale tyd van gebed sal afstaan, om God te dank deur gebed en sang en aanbidding. Jy word versoek om dit ook in jou geloofsgemeenskap te doen -  deur die week by die onderskeie bedieninge. Dankie vir jou vriendelike samewerking. Ds Willem Badenhorst
0 notes
gemeentefokus · 7 years
Photo
Tumblr media Tumblr media
0 notes
gemeentefokus · 7 years
Text
Binnekort...
... ‘n nuwe webtuiste! Ons wil makliker en beter kommunikeer met jou -  hou ons spasie dop!
0 notes
gemeentefokus · 7 years
Photo
Tumblr media
PRETORIA-KONFERENSIE
Waar:  Choose Life Church, Rubensteinweg 589, Moreletapark
Tyd:  09:00-16:00 (deure open om 08:00)
Middagete ingesluit.
0 notes
gemeentefokus · 7 years
Photo
Tumblr media
Kontak: 012 997 8088  |  [email protected]
0 notes
gemeentefokus · 8 years
Text
Verklaring van die Kerkraad van Moreletapark Gemeente oor die Algemene Sinode van 2015 se besluit oor selfdegeslagverhoudings
Die Kerkraad van Moreletapark Gemeente het tydens hul sitting op 29 Oktober 2015 eenstemmig besluit om standpunt in te neem teen die Algemene Sinode van 2015 se besluit oor selfdegeslag verhoudings. Die Kerkraad is oortuig dat hulle besluit, wat in hierdie verklaring opgesom is, die weg aandui wat God vir hulle kom aanwys het.
Die eerste en grootste gebod is dat ons God moet liefhê bo alles en die tweede is dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself (vgl. Matt.22:37-39). Daarom verklaar die Kerkraad dat hulle so lief vir God is dat hulle Hom in elke besluit bo alles wil eer deur aan Hom gehoorsaam te wees (vgl. Ps. 119:30-35). Die Bybel is duidelik dat God genadig én regverdig is.  Daarom is Hy lief vir alle mense maar keur Hy sonde af, omdat dit ons verhouding met Hom skaad.  Alle mense sondig en kan alleen op grond van God se genade vrygespreek en deur geloof sy kinders word (vgl. Rom. 3:23). God se bevel aan sy kinders is dat sonde nie in hulle lewens moet heers nie maar dat hulle moet wegdraai daarvan af en volhardend daarteen moet stry (vgl. Rom. 6:14). Die Kerkraad bevestig daarom dat hulle nooit ‘n besluit sal neem wat enige sonde toelaat of goedkeur nie.  
Die Kerkraad het geen begeerte om ‘n enkele sonde uit te lig nie, maar die besluit van die Algemene Sinode dwing hulle egter om in dié geval standpunt in te neem, aangesien geslagsgemeenskap buite die raamwerk van ‘n huwelik tussen een man en een vrou volgens die Bybel, verkeerd is.
Die Kerkraad wil dat die Gemeente se standpunt, sowel as die kerklike proses wat gevolg word om beswaar aan te teken teen die besluit van die Algemene Sinode, ‘n getuienis moet uitdra wat Bybels en Kerkordelik begrond is. Die Gemeente wil in die proses saamwerk om ‘n oplossing te kry waardeur God geëer sal word en die kerk se getuienis na en teenoor alle mense nie sal skade ly nie.  As ‘n evangeliese Gemeente, wat die Bybel aanvaar in al die beginsels wat dit leer (Sola Scriptura), wil ons dat ‘n verantwoordelike interpretasie van die Bybel die lig vir die pad vorentoe sal gee.
Die Kerkraad het besluit dat die besluit van die Algemene Sinode oor selfdegeslagverhoudings, nie aanvaar kan word nie op grond daarvan dat dit (inter alia):
1.        Die sonde van die beoefening van homoseksuele geslagsgemeenskap ontken.
2.        Die beoefening van volhardende sonde in leraars se lewens aanvaar.
3.        Die Bybel op ‘n liberale en humanistiese wyse uitgelê word wat in stryd is met die byna 2000 jaar oue hoofstroom Christelike en byna 500 jaar oue gereformeerde uitleg van die Bybel.
4.        ‘n Verbintenis, ingesluit die beoefening van die seksuele, buite die konteks van die huwelik erken terwyl die Bybel, sowel as in die besluite van die Algemene Sinode, die huwelik slegs as ‘n lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou beskou.
Alhoewel die besluit van die Algemene Sinode die reg aan kerkrade gee om hieroor hulle eie standpunte en praktyke te formuleer en te reël, glo die Kerkraad dat hierdie ‘n tyd is waar daar opgestaan moet word teen sake wat van kardinale belang is vir die integriteit van die evangelie en die getuienis van die kerk.
Die Kerkraad sal daarom die volgende proses volg om sy getuienis te laat hoor en die onaanvaarbare dele van die besluit van die Algemene Sinode te laat verander of herroep, nl.:
1.        Gesprekke sal met die ring van Elarduspark gevoer word.
2.        ‘n Brief sal aan die Diensraad van die Oostelike Sinode gerig word waarin die Gemeente haar distansieër van die besluit van die Algemene Sinode en vra dat ‘n spesiale sitting van die Oostelike Sinode gehou word om standpunt in te neem teen die besluit.
3.        Indien die bogenoemde proses onsuksesvol sou wees sal die Gemeente, in die lig van die omstandighede dan, herbesin.
4.        Die Gemeente sal ingelig bly en die geleentheid gegee word om deurentyd deel te neem aan die proses.  
As leierskap van die gemeente wil ons die gemeente lei om te fokus op dit waarvoor God ons hier op aarde geplaas het naamlik deur saam met mense ‘n pad te stap sodat almal Jesus kan leer ken en in verhouding met Hom kan leef (vgl. Mat 28:19-20).  Ons begeerte is dat alle mense die God mag ontmoet wat so lief was vir die wêreld dat Hy sy Seun gestuur het sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê (vgl. Joh. 3:16).  Die Gemeente het begrip vir spesifieke uitdagings waarmee mense sukkel maar wil hande vat sodat ons mekaar kan help in ‘n lewe van groei in Christus.
Soli Deo Gloria
Moreletapark Gemeente
3 November 2015
1 note · View note
gemeentefokus · 8 years
Photo
Tumblr media
0 notes
gemeentefokus · 8 years
Text
Desember Tye
Liewe vriende,
Neem asb kennis van die datums hieronder:
- Sa 3 Des: geen doopdiens
- So 4 Des: Kerssangdiens 09:00 en 17:30
- So 18 Des: Geen aanddiens
- So 25 Des: Kersdagdiens - Stephan Joubert @ 09:00
- Sa 31 Des: geen oujaarsdiens
- So 1 Jan '17: oujaar en nuwejaarsdiens gekombineer @ 09:00
Die adminkantoor sluit Vrydag 23 Desember en heropen op Dinsdag 3 Januarie 2017.
Groete en geseënde Kersfeestyd vir jou en jou dierbares!
0 notes
gemeentefokus · 8 years
Photo
Tumblr media
0 notes
gemeentefokus · 8 years
Photo
Tumblr media
Baie geluk aan die volgende persone wat as leiers tot
die Volwasse Kleingroepe verkies is:
 Herders:                                           Leiers:
Lizette Crous                                    Japie Breytenbach
Johan Grobler                                  Marnus Fleischmann
Izet Kleynhans                                 Esna Graaff
Chris Lubbe                                      Theuns le Roux
Alf & Tess Olivier                              Johan Pretorius
                                                         Henry-John Richards
                                                         Andries Strauss
                                                         Johannes & Marietjie Swart
0 notes
gemeentefokus · 8 years
Text
PERSVERKLARING: Universiteitskampusse en Droogte
Ons roep alle Suid Afrikaners op tot aksie, hierdie Donderdag 13 Oktober 2016.  Lees alles hier
0 notes
gemeentefokus · 8 years
Text
Vandag se jonger geslag, benodig sleutels tot hul more... Jy kan ‘n sleutel wees en hul toekoms nou reeds impak! Kliek hier om in 2017 betrokke te raak by ‘n top-sleutel span! Want hulle is dit werd...
0 notes
gemeentefokus · 8 years
Photo
Tumblr media
Kontak ons: [email protected]  |  012 997 8064
Inskrywingsvorm en program hier
0 notes
gemeentefokus · 8 years
Photo
Tumblr media
Kontak: 012 997 8088  |  [email protected]
0 notes