Mooi boodskappies vir tieners of jongelinge, wie lief is vir Jesus OF dalkies nog nie 'n plekkie gemaak het in julle hart vir Hom nie ....
Don't wanna be here? Send us removal request.
Photo

Geloofsekerheid ............ †
Lees: 1 Joh. 5:1-13
God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie. - 1 Joh. 5:11-12
Twyfel jy soms of jy wérklik ‘n kind van God is? Miskien het jy aan die begin van jou bekering wonderlike vreugde en sekerheid ervaar. Jy was werklik ‘n núwe mens, maar algaande het jy weer verkeerd begin optree. En nou sien jy nie meer die bewyse van die nuwe jý in jou lewe raak nie. Dít laat jou wonder of jy wérklik nog ‘n Christen is ...
As jý jouself in hierdie beskrywing herken, het ek góéie nuus vir jou: Jou geloofsekerheid hang nie af van wat jy doen of nie doen nie, maar wel van wat Gód doen. As jy vir Jesus het, hét jy die ewige lewe. Van dié dag af toe jy vir Hom já gesê het, is jy sy kind en níks kan jou ooit weer uit sy hand ruk nie. Jesus het vir jóú sonde aan die kruis duur betaal. Die Heilige Gees wóón nou in jou en verseker jou dat jy aan God behoort. En al doen jy soms sonde, kan jy op grond van hierdie feite een honderd persent séker wees dat jy ‘n Christen is.
Here Jesus, soms voel ek só sondig dat ek nie seker kan wees of ek werklik u kind is nie. Dankie dat my geloofsekerheid nie afhang van wat ék doen nie, maar van wat Ú vir my gedoen het.
♡ Ek behoort aan die Here ♡
~ Nina Smit ~
✉ : Jesus se Seunskind @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
poppieoosthuizen @ gmail.com
7 notes
·
View notes
Photo

1 note
·
View note
Photo

Hemelse Vader, Dankie dat ek, ongeag my liggaamlike omstandighede,
met ‘n helder vlam van hoop in my hart mag lewe,
omdat ek seker weet: alles wat U vir my
in u Woord belowe het, sal U vir my doen.
Dankie dat hierdie hoop my in staat stel
om uit te hou en aan te hou ten spyte van swaarkry
omdat ek glo dat swaarkry maar ‘n kort rukkie duur
en dat dit vir my sal uitloop op ‘n heerlikheid
wat altyd sal bly.
Here Jesus, ek loof U dat my hoop nie net op die toekoms
gerig hoef te wees nie – daardie toekoms waarin die hemel
vir my wag – maar dat ek ook hier en nou mag hoop omdat
ek vándag rééds seker is dat ek aan U behoort.
Dankie vir die seker wete dat my hoop
nooit beskaam sal word nie,
omdat U nie ontrou aan u beloftes kan wees nie.
Amen
Nina Smit : As God Fluister
✉ : Jesus se Seunskind @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
1 note
·
View note
Photo

Hemelse Vader
Hoe kan ek ‘n mensekind vir U dankie sê vir u genade?
Dit is ‘n geskenk wat U my gee
en waarvoor ek níks kan doen om dit te verdien nie.
Baie dankie dat U gretig is om my genadig te wees,
dat U luister wanneer ek na U roep,
en elkeen van my gebede verhoor.
Ek wil vandag in aanbidding kom buig
voor die wonder van U genade
en dit mýne maak deur die geloof.
Maar ek wil ook die verantwoordelikheid aanvaar
wat U genade op my kom lê:
Help my om dag vir dag naby U te lewe
binne die ligkring van u genade.
Ek wil my lewenspad saam met U loop
en u wet gehoorsaam.
Gee dat my hele lewe
‘n positiewe antwoord op u genade sal wees.
In U lieflike Naam vra ek dit.
Amen
Nina Smit : As God fluister
✉ : Jesus se Seunskind @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
0 notes
Photo

Dierbaarste Heer van my hart,
.
In Jeremia 33:3 nooi U vir my uit: “Roep My aan, Ek sal jou antwoord.” Báie dankie kosbare Vader, dat U áltyd maar áltyd na my gebede luister en hulle beantwoord op maniere wat góéd sal wees vir my, en vir die wete dat U nóóit iets wat sleg is vir my sal gee nie.
Hoe wonderlik die vertroosting wat U my bied, wanneer ek bang en verward is. In U grootse liefde vou U my toe. ‘n Diepe rus en vrede vloei my hart en gemoed binne, en ek besef opnuut hóé U na my omsien, elke oomblik van elke dag.
Die stil roering in my hart laat my opnuut ontwaak tot U heilige Teenwoordigheid in my, en ek wil nog meer van U weet, Heer – ek wil nog méér leer.
Ú verkwik my siel, en verhelder my denke in U lig. Nuwe idees word geskep in my gedagtes, idees wat ek graag ‘n werklikheid wil maak in my lewe, en sáám met U Heer, weet ek, ek kan!
Maar ek wil híérdie vreugde van my siel óók met andere deel, Heer, sodat húlle ook kan síén en vóél hóé heerlik dit is om in Ú lig te handel en te wandel – élke dag!
Hoe méér ek U heilige roering díép in my siel ervaar, hóé meer wil ek U lóóf en prýs, kosbaarste Heer van mý hart!
In Jésus heilige Naam.
.
Amen
.
Uit Daelikse Woord – gedeeltelik aangepas
.
✉ : Jesus se Seunskind @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
.
1 note
·
View note
Photo

Een talent is genoeg ............... ღ
.
Daar is ‘n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee ... Aan elkeen afsonderlik word ‘n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. - 1 Kor 12:4,7
.
Hemelse Vader,
.
Dankie dat U nie één van u kinders oorgeslaan het
toe U vir ons talente gegee het nie.
Vergewe my dat ek baiemaal ontevrede is omdat my talente
nie so groot soos ander mense s’n is nie,
dat ek myself met hulle vergelyk en my talente verwaarloos
eerder as om hulle tot U eer te gebruik.
Dankie dat ek vandag vir die eerste keer besef
dat my talent ‘n gawe van van U is
waarvoor ek geen krediet mag neem nie.
Gee dat ek nooit daarop sal roem nie,
maar dit altyd sal gebruik om U te dien.
Here, wys my asseblief hoe om die gawes wat U aan my
persoonlik toevertrou het, te ontdek, uit te bou en aan te wend
om U koninkryk en gemeente uit te bou.
Ek wil nou my gawe vir U kom aanbied –
neem dit asseblief en maak dit meer.
.
Amen
.
Nina Smit : As God fluister / Een talent is genoeg
.
✉ : Jesus se Seunskind @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
.
2 notes
·
View notes
Photo

Tree vir Tree ............... ღ
.
Roep my aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer. - Ps 50 v 15
.
O Heer,
.
Wie hare tel en mossies voed,
die angs lê vandag swaar op my hart.
Sonder rede.
Sonder oorsaak.
Die kalmte en rus is weg
en ‘n dodelike vrees
klop dringend in my keel.
Ek probeer myself ontleed,
die redelose emosie keer.
Ter wille van ontspanning
en sielkundige advies
probeer ek prentjies maak:
.
Ek visualiseer U
met ‘n bang kuiken onder die vlerk.
Maar die kuiken piep benoud,
wil net weg.
.
Ek sien U in die golwe
kalm regop staan,
terwyl ek en Petrus
gillend ondergaan.
.
Ek sien hoe u die mossies
rustig en sorgsaam voer,
maar hul vlieg op
om raserig
hul eie wurms te gaan soek.
.
Dis toe dat u my naderwink.
U hande op my hare lê.
Sorgvuldig elkeen tel.
My kop saggies streel
totdat al die angs verval.
.
Sophie Muller : Ek slaan my oë op / Elke haar van my hoof
.
✉ : Dierbre Jesus @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
.
0 notes
Photo

Bid asb almal saam hierdie gebed ... vir een van hierdie persone, kan julle gebed die een wees wat die lig laat deurbreek en hulle lewe. En moet asb nie vir jouself wysmaak dat HIERDIE boodskap verseker NIE vir “jou” bedoel is nie. Jou kind, huweliksmaat of ouer kan dalk die volgende statistiek wees. Dit kan met ENIGEEN van ons gebeur!
.
Liewe Here Jesus,
.
Gaan vandag met mense oral deur die wêreld wat onlangs probeer het om hulle lewe te neem, vir wie die lewe NET te veel geword het en hulle besluit het om handoek in te gooi. Hou u beskermende hand oor hulle en hul ouers wat hul bystaan. Help U asb vir hulle om nugter te dink en waar daar oorsake buite hul normale en nugter denke, die oorsaak is daarvan - Here wees ekstra naby aan hulle. Laat U Heilige Gees intree in hul lewe, sodat hulle weer kan glo dat hulle kosbaar is vir hulself, hul ouers maar bowenal dat hulle nog STEEDS die appel van U oog is en dat U gereed staan om hulle op die pad vorentoe te help. Dankie dat U altyd wagtend is om U hand uit te steek om ons nader te trek na U toe as ons die pad byster geraak het, want almal maak foute - selfs kinders in die heelbeste families. Versterk ook hul ouers se geloof in U EN in hul kinders en help hulle om die enigste uitweg te soek .... om by U voete neer te sak, biddend op hul knieë. In Jesus heilige Naam bid ons dit.
.
Amen
.
✉ : Dierbre Jesus @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
.
0 notes
Photo

As ek kniel voor die Heer,
. En vir die Here sê: “Ek het so seer! O Heer U weet, ek kan net nie meer.” Dan hoor ek hoe sê die liewe Heer: “Kom sit hier by my, bring jou seer, Kom sit jou las en pyn by my voete neer.”
.
As ek vandag by die Here kla, Sal ek sê: “Ek is so jammer om te pla! Maar die las word te swaar om te dra.” Dan sê die liewe Heer: “Jy mag maar kla. Jy mag maar aanhou om vir my te vra! Ek sal jou wel die krag gee om jou kruis te dra.”
.
En as ek vanaand my hart leeg huil, Vir die Here vra dat my boot op kalm water seil. Vir die Here vra vir ‘n hoekie om te kan skuil. Sal die Here sê: “Jy sal weer op kalm water seil. Jy mag maar jou leed op My skouer uithuil. By my is daar rus, ‘n plek om te kan skuil.”
.
“Here, my hart is in ‘n knoop gebind! Ek is moeg baklei teen hierdie sterk wind! Ek wil tog net weer rus en vrede vind.” Die Here sê: “Jy is mos My lieflingkind. Jy is met My anker van liefde gebind! Raak stil. Raak rustig! Jy sal weer vrede vind!”
.
Dankie my liefste Heer!!! Amen
.
~ Skrywer onbekend aan my ~
.
✉ : Jesus se Seunskind @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
1 note
·
View note
Photo

Wanneer ons vir GOD eerste plaas,
val alle ander dinge in hul
regte plek!
1 note
·
View note
Photo

AS ONS dissipels van Christus will wees
MOET ONS Hom vertrou EN Hom plaas
IN DIE middelpunt van ONS MENSWEES.
JESUS kom nooit “VOLGENDE” nie.
HY IS altyd EERSTE!
0 notes