juan-potgieter
juan-potgieter
Gekrulde Kind
43 posts
Don't wanna be here? Send us removal request.
juan-potgieter · 9 months ago
Text
Krygsman
Ek het my kompas in die lig van liefde gevolg. Jou stilte het reg voor my kom sit. Ons het gesels vir uure aan een, jy't my hart met jou siel kom verleen. Nou moet ek soos 'n krygsman die berg probeer verskuif, Dit is tyd dat ek vergeet van ons onvergeetlike reis, Ons het die sterre in ons harte gegrawe, Oor die oseane gedwaal. Die aarde geverf met ons digkuns se praat, En jou glimlag wat ek nooit sal vergeet maar nou is jy weg...
Hoe kan ek dit aan jou verduidelik? Hoe beskryf ek dit aan myself? Kan jy my stilte lees, Sal jy my stilte kan hoor as ek dit vir jou skree. Ek het besluit om nie meer myself te verloor in die liggies van jou oe
Jou kompas het liefde gevind, Hy't sy hart vir jou soos ‘n bottel rooiwyn uitgestort. Rooiwyn wat nooit kwaad word nie,
Waarheen gaan ek nou met die?
Ek moet aanbeweeg Maar my stilte voel net so leeg. Ek weet dat ek nooit iemand soos jy weer sal ontmoet Alhoewel ek weet dat sy wag,
Sy wag om my met haar hart te groet. Sy gaan my hart in haar hande dra met soveel sorg. Sy soek 'n krygsman, Iemand wat saam met haar in die deisternis en modder sal inhardloop ‘n Man met deernis en wilskrag, iemand waarme sy haar drome uit geskuifte berge kan kerf En daai iemand weet ek is ek
-J
0 notes
juan-potgieter · 1 year ago
Text
Gedigte op ‘n pizza boks.
As ek kyk na hoe die wit skuim van die see uit strek op die strand,
dan dink ek aan hoe eindloos my liefde vir jou is.
Ek onthou hoe jy lanks my sit en ons gedigte geskryf het op ‘n pizza boks -
Verlief op dieselfde manier soos die branders verlief is op sy strand.
‘n Bottel Rosé, twee glase en diep gesprekke.
Jy het my hart gelos met liefdesvlekke.
Al was dit alles verniet los ek dit nou.
Ek los ons gedigte in jou kosbare hande.
Ek los jou hier tussen die sterre en die strande.
-J
0 notes
juan-potgieter · 2 years ago
Text
SURRENDER
may we run
into waters unknown
and valleys below
if that's where You're calling
may we stay planted
in lands and riverbeds
no matter how dry
if that's what You're asking
may we live this life
in complete surrender
because it was never ours to begin with
0 notes
juan-potgieter · 2 years ago
Text
Ek dink God weet wat Hy doen,
dis seker vanselfsprekend om te glo,
maar.. jy moet die son kan groet en weet dat sy in die môre sal terugkeer.
Al sak sy aan die anderkant van die seë,
Is dit dan wanneer jy glo.
Dit wat nou 'n droom is, sal endag 'n gebed wees wat met 'n glimlag langs jou wakker word.
En tot dan sal ons gedigte skryf en die wysers van tyd met alledaagse stories inkleur, tot ons een middag besluit om roomys op die strand te eet, en kan sien hoe die son die seë soen en net weer opnuut besef dat God nog al die tyd weet wat Hy doen.
0 notes
juan-potgieter · 2 years ago
Text
die hoeke van jou mond daag my uit
'nog een'
is waarvoor jy wag, hang aan die duik van my ken in die smag
'soen my weer so sag' vra jy, en lag
-J
0 notes
juan-potgieter · 2 years ago
Text
om jou te laat gaan
Ek glo nie in 'totsiens' nie, maar wel in tot ek jou weer sien
Ek vind dit moeilik om jou te laat gaan, jy was my beste vriend
"n persoon wat na al my stories geluister het en ons liedjies klip hard saam gesing het totdat ons stemme begin kraak het
jy was my grootste geluk, iemand wat slegte tye beter gemaak het en goeie tye nog beter gemaak het
Ek sal enigiets gee om jou 'n laaste keer te kan sien, met jou te praat en jou 'n stywe drukkie te gee
Ek verlang na jou met alles binne my
0 notes
juan-potgieter · 2 years ago
Text
Jy droom oor my, miskien nie soos ek oor jou;
van toekoms bou,
maar ek dwaal daar in jou onderbewussyn rond.
Steel soene in die nag by al die plekke waar ons was, of sien die seer wat op ons wag.
Jy droom oor my, miskien nie soos ek oor jou;
van kinders en trou, maar jy dink darem aan my, soos ek oor jou.
-J
1 note · View note
juan-potgieter · 2 years ago
Text
My hartstaal.
Ek het my lewe lank gesoek vir iemand soos jy -
Iemand wat my hart se taal verstaan.
Iemand by wie ek nie my siel hoef te vertaal nie.
Koffie-geflekte gesprekke los my gedagtes eindloos gekleur met bewondering -
Jou sproete een vir een perfek geplant,
Nes die Here dit wou hê.
Jou woorde en aksies wat my gereeld woordeloos los.
Jy dink jy hardloop dalk weg,
Maar ek sal jou altyd kom vind.
Jy, met jou groen-bruin oë, het ‘n held kom red.
Jou glimlag het geskiedenis krake toe gepleister,
Jou hartklop op die ritme van liefde.
Die gedeel van saggies lag en liedjies fluister.
Jou goue vel en grasgroenoë wat die sonsondergang verhelder,
Ons kla dit is koud,
Maar ek weet dit is warm by jou.
Jy is ‘n sonstraal mens-
My warm plek waar ek net myself kan wees,
Waar jy net jouself kan wees.
Veilig saam om ‘n picnic tafel met die bome wat dans en die son wat in die agtergrond kom groet.
Dit is daar, waar alles in my hart gekoester word. Dit is daar waar jy my hartstaal praat.
-J
0 notes
juan-potgieter · 2 years ago
Text
Ek vind myself terugdink aan die koffie, die musiek, die liggies, die ons..
Van warm Seattle-koffie harte, na jou oë wat skitter soos die stad se diamant liggies.
Diep gesprekke oor jonk wees,
foute maak, en die Heilige gees.
Die manier hoe jy lag, helder my lewe op, nes die skynsel van die Karnaval se kleurvolle liggies in jou bril.
Kom ons sing tog net nog een liedjie saam?
Kom ons gesels tot laat in die nag?
Jy is die moeite werd om voor te wag -
Om te wag vir jou mure om een vir een saggies te val.
Om met tyd saam, stadig maar seker vir jou te val.
Jy doen iets reg,
Hou so aan.
Vertel my van jou drome, jou toekomsplanne, ons toekoms?
Wat dink jy hou die lewe nog vir ons in? Nog warm koffie harte? Nog kleurvolle liggies? Nog meer van ons?
Jy noem my krulle, en ek noem jou brille. Maar al waarop ek fokus, is hoe die hoekpunte van jou glimlag, my skouers weer lig maak.
Kan ons so aan hou?
-J
0 notes
juan-potgieter · 2 years ago
Text
Kom ons ontmoet merkaar weer, vir die eerste keer.
Vergeet van jou pain en was af die seer.
Leer om te wag..
Om te wag is soos winter,
Dit kan soms lank raak, maar dit hou nie verewig aan nie.
Anders as die somer se haas
Vorseer dit haar om rustig te bly,
Rustig genoeg om die mooi subtiel veranderinge raak te sien wat dalk in die ander seisoene mis gekyk was.
-J
0 notes
juan-potgieter · 2 years ago
Text
al vir 'n hele ruk
luister ek na die reen
die wind wat waai
jou skaduwee om elke draai
jou stem in 'n voicenote
jou glimlag in elke foto
elke liedjie wat jy op jou playlist gesave het
ek doen elke ding wat jy gesê het jy saam my sal doen al verskil is, ek doen dit alleen
0 notes
juan-potgieter · 3 years ago
Text
Vir-leiding
Verkeerde mens verkeerde plek?
Twyfel ek sterk,
Die son kan nie sonder die maan,
Ek kan net hier wonder oor jou,
Leeg en met my arms oop staan.
Jy was perfek vir my,
Gestuur op die regte oomblik van tyd,
Jy het vir my geleer om myself lief te he,
Wanneer jy nie kon.
My gewys alles wat ek nie wil he,
So terwyl ek met my arms oop staan,
En dink aan die heelal, die sterre en die maan,
Besef ek dat ek jou moet dank.
Viraltyd en n dag klink net so lank,
Dit was altyd jou verleidings taal.
0 notes
juan-potgieter · 3 years ago
Text
Persiese mat
Tyd is ons geldstelsel,
saam met jou is ek ryk.
Ek onthou ons eerste huis.
Die dowwe kerslig wat saggies jou wange streel.
Die gelag op die ou persiese mat,
Die rykdom van ons harte wat net liefde uit deel.
Ek het ure spandeer om na jou te kyk:
Die manier hoe jy opgewonde raak,
jou lag plooie en wenkbroue wat oplig soos wat jy praat.
Ek het alles in ink gestoor,
Sodat ek dit nooit sal vergeet.
Ek sal altyd nog jou stem kan hoor.
Ek het altyd my mond gehou,
Met die hoop dat onuitgesproke gedagtes genoeg sal wees vir jou -
Hulle was nog nooit en sal nooit wees.
Dalk as ek meer gepraat het,
Minder geskryf het,
Sou jy nog hier wees,
En ek sou iemand gehad het om oor te skryf
-J
0 notes
juan-potgieter · 3 years ago
Text
Alweer kon ek myself nie keer
0 notes
juan-potgieter · 3 years ago
Text
You were pretty until I saw the way
your eyes swelled when you cried,
and you were pretty until I heard
how you stutter your goodbyes.
You were pretty until I saw the way
you lock your doors at night,
and you were pretty until I knew
you never felt quite right.
You were pretty until heard
your heart's empty plea
but then you weren't
pretty any more,
you were beautiful
to me.
0 notes
juan-potgieter · 3 years ago
Text
I've got a special pocket
that's stitched into my chest.
It's full of all the moments
that I've thought of as my best.
And when a good friend tells me
about the things that make them smile,
I place them in my pocket
so I can keep them for a while.
And when I'm feeling saddened,
just as I was today,
I'll open up my pocket
to help the sadness go away.
The pocket's always endless,
yet sometimes it overflows,
and the love that spills out from it
is how the pocket grows.
And sometimes if you're lucky,
if I hug you really tight,
you can feel my pocket beating
and you might just feel its light.
0 notes
juan-potgieter · 3 years ago
Text
Swede
Jou warm asem wat die koue venster opwasem,
Die dennehome in sneu gedek,
Die aarde spier wit gevlek.
N mooi warm kajuit op die berg,
Met n Sweedse paartjie wat mekaar uit liefde terg.
Gasvry en warm, nooi hulle my in.
In genooi, en soet gestrooi,
Wortel koek wat die hemelse wereld oop maak,
Kaneel, roomkaas en liefde teenwoordig in die lig.
Vat my tog vir n oomblik net terug.
Sjokelade koek gebak met n sittus skaduwe,
Kondensmelk ondertoone met geroosterde koffie bone,
Ek soek net n snytjie, selfs n krummel net weer.
Julle is my droom maats,
My wegbreek plek,
Nooi my weer uit, sodat ek vir julle n geskenk van my wereld kan bring.
Julle sal altyd aandeele in my hart besit,
Stuur die posduif van vrede,
Met liefde n uitnoodiging ook.
Ek kom kuier weer beslis!
- J
0 notes