versevonk
versevonk
versevonk
12 posts
woorde wat brand op die bors en vonke van verse spat
Don't wanna be here? Send us removal request.
versevonk · 2 years ago
Text
Steek daar iets lelik Sy kop uit tussen die lyne  Of is daar plek vir n  Mooi storie 
0 notes
versevonk · 2 years ago
Text
`n stilte wat raas in my ore
Jy is stil 
Ek stiller 
Saggies vou jy my toe 
In `n stilte wat raas in my ore
`n stilte wat nare vrese 
Na vore bring 
Al die vergete stemme 
In my onderbewuste 
Sit op die randtjies 
Van hul stoele 
Reg om die verhoog te neem 
Ek staan vervreem 
Ek 
Jy 
Ons 
Ek ken dit nie 
Die stilte is gelaai 
Swanger 
Veilig en gevrees
Gewaagd dog allerdaags
Ek verstaan nie die taal 
Wat in hierdie stilte 
Opgesluit is nie 
Steek daar iets lelik
Sy kop uit tussen die lyne 
Of is daar plek vir n 
Mooi storie 
Tumblr media
0 notes
versevonk · 2 years ago
Text
Maal
Hoe lank 
Kan jou kop maal 
Tot alles fyn is 
En soos stof 
in die niet verdwyn
Op jou hurke 
Top jy saggies
Kan nie val nie 
Maar ook nie op nie 
Ons paaie is nie 
Uitgeskerts op 
Ons voorkop nie 
Soekend dwaal ons 
Gee nie op nie 
Dink teveel 
Doen te min 
Maar
Nooit genoeg tyd 
Om alles te besin 
Party leef 
Net-net te min 
Party se lewe 
Het nou eers begin
0 notes
versevonk · 2 years ago
Text
So baie sinne 
Wat ek nog wou sê
Móés sê
Woorde wat nou koud lê
Woorde wat kon heel
Los nou oop wonde
Soveel goed 
Wat ek berou 
oor en oor 
herkou 
Ek aan hierdie woorde 
Wat nooit hul lêplek 
Kon vind nie 
Gelaaide letters 
Los nou leemtes
Ek het alles opgehoop 
En in my keel laat knoop
Tevergeefs
Te laat 
Vir ‘n hart wat 
Wou verder praat
1 note · View note
versevonk · 2 years ago
Text
Fotoraam
Ek het nie gedink nie 
Jy het nie gekyk nie 
Onverwags 
Ongevraagd 
Het ons die antwoord gevind 
Op dit wat ons nie 
Eers geglo het bestaan nie 
Nou weet ons nie waar om 
Die foto te raam nie 
Ons het nie hiervoor beplan nie 
Hulle se dit kom skielik
Soos `n groot noot op die langpad 
Ek en jy 
Het gedroom oor `n “ons” 
Maar skielik skop die vrese in 
En ons is terug by die begin 
Jy se jy is `n “lone ranger” 
En ek hoor jou 
Ek wil nie 
Maar ek hoor 
Leen net asb my hart vir my terug
Want ek het dit verloor agter jou rug 
0 notes
versevonk · 2 years ago
Text
Tumblr media
1 note · View note
versevonk · 2 years ago
Text
kloon jouself asb
Kloon asb jouself 
Want dalk sal jou ander helfte 
Anders voel 
Te gewaagd 
Te bereid wees om te spring 
Te reg vir hierdie ding 
Ai my lief 
Weet jy hoe ek jou sien 
Weet jy dat jy perfek is in my oë 
Perfek 
Net dit 
Maar jy val rond 
Struikel oor wolke 
Weet jy nie ek droom 
Net oor jou 
Net oor ons 
Daar is n lewe daar buite lief 
Gee dit 
Gee ons 
Net een kans 
Asseblief 
Tumblr media
1 note · View note
versevonk · 2 years ago
Text
net gespeel...
Ek wil so graag so min van jou dink 
Jou êrens in my vergete en vergewe folder verdrink 
Dink 
Jy 
Ek 
Sou kon aanbeweeg as jy nie jouself was nie 
As jy probeer het om my oor te wen 
My te leer ken 
Sê nou maar net 
Sê nou maar nie 
Die verlede vergewe nie 
Ons vergeet
Weet
Jy 
Ek 
Onthou jou elke dag 
Jou sagte lag 
Jou minag vir enige reël 
Plak jouself op my soos ‘n seël
Let’s be real 
Jy het net met my hart gespeel
Tumblr media
1 note · View note
versevonk · 2 years ago
Text
net `n vraag
Te naby gestaan 
Om te sien die skrif was aan die muur 
Nou hardloop ons in sirkels 
Opsoek na die begin 
Maar ons is moeg 
En ons woorde is min 
Sal ons betyds ons tasse kon pak
As alles in tuimel
Sou ons saam vlug 
As iets ons jaag 
Is dit ek alleen 
Of ons as een 
dis net n vraag 
Tumblr media
1 note · View note
versevonk · 2 years ago
Text
as ek bad
As ek bad 
Wens ek, ek verdrink 
Ek wil net vir een oomblik 
Ophou dink 
Een gedagte tot n volgende 
`n kettingreaksie 
En ek voel of ek sink 
Buite beheer 
deurmekaar
Teveel word te min 
Te min antwoorde 
Teveel probleme 
Skielik word alles stil 
Die stilte maak my bang 
Wat lê onder die stilte 
Waters 
Waaronder ek ook wil wegkruip
Tumblr media
1 note · View note
versevonk · 2 years ago
Text
spoel
Die reën stroom 
Deur die geute 
Kan die seer  
Maar net so vinnig wegspoel 
Kan alles net stop 
Hierdie warboel
Hierdie nare gevoel 
Kan ek saam verdrink 
Soos die water in die 
Gras wegsink 
Ek wil net ophou 
Dink 
Ophou redeneer 
Ek lê my wapens neer 
En ek sê weer 
Vir die laaste keer 
Ek is te naby 
Te lief 
Om jou te sien maak seer 
So asseblief 
Slaan jou rigting in 
En vergeet van hierdie ding 
Tumblr media
2 notes · View notes
versevonk · 2 years ago
Text
aangepas
ek het jou kortliks aangepas 
jy het my weggesteek in jou kas 
ek het jou toegelaat 
om my aan te trek wanneer jy kaal voel 
ek het agteroor gebuig 
om alles te verstaan wat jy bedoel 
jou seer het my glimlag weggespoel 
Tumblr media
6 notes · View notes