Tumgik
breinsuiker-blog · 7 years
Photo
Tumblr media
die dag toe die rivier my
binnestem oopgemaak het.
die rivierboot sus my
soos ‘n baba-wieg…
heen-weer…weer-heen
bakboord na stuurboord.
oor een weer, heen en weer.
die dag het die wal my
val gekeer.
die dag het Frankryk vir
my asem gegee,
die dag het die Heen-Weer
my van voor af
laat voel.
Somer 2001 (Frankryk op ‘n ‘riverboat’)
Luuks
Duur
Welaf mense
en ek….
Ek staan op die dek van die ‘riverboat’. Dis nagemaakte plastiekgras. Dis begin somer. Dis die begin in my. Dis die einde in ander. Dis die middel van groot gebeur.
Die rivier ruk my hart uit en gooi hom bloots-kaal voor my voete neer.
Frankryk ruk my dink uit en gooi dit op platteland neer.
Dis toe ek gestroop word van alles. Mense. Telefoon. Digitaal. Sigaret. Oorlog. Reels. Vloek. Hekse en Dwergies.
Toe staan ek kaal (op ‘n luukse rivierboot) en wieg, soos die gedig…heen weer – weer heen.
Ver van die huis. (Maar ek voel tog ek sit in my huis)
Terug in my kersfeeskombuis.
Terug by myself….
En ek besef dat ek nooit weer dieselfde gaan wees nie.
Mens verander dadelik….vinnig….in die NOU….Dis Goddelik.
*foto is geneem vanaf a tv skerm waarop ‘n ou video tape footish van is.  Swak gehalte maar vol siel.....www.breinsuiker.com
0 notes
breinsuiker-blog · 7 years
Photo
Tumblr media
dis nou 2:34.15pm
dis asof die son die dink
uit my brein brand, my breinsuiker
oor Tunisia strooi
die kind agter die tralies
se oe wat my met ‘n vraag
gooi…gooi…gooi
en ek bid tot Jesus Christus
en die Moslem vra my om
hom te red uit sy hartseer kyk.
Die son brand nog
stukke breinsuiker uit my brein
en ek vra Die Here God om
dit oor die kind te strooi.
Kind, vat my suiker.
Kind, vat my dink.
Kind, vat my omgee.
Kind, hou vas aan wat jy het.
Kind. Kind. Kind.
En toe knoop daai kind
die groot dink in my los.
Dankie Kind.
Somer 2001
God weet wat ek daai dag gedink het. God alleen weet wat daar in my siel/hart gebeur het:
Pa, hoe verlang ek na jou. Pa, jy wat my hand wil vashou. Pa, jy wat my arm wil gryp. Pa, jy wat my woord wil gryp. Pa, jy wat my bors wil vashou. My bors wat sukkel om asem te kry, gee pa asem. My ribbes wat een vir een kraak en soos ou stukke been uit my borskas val, tot op die grond, tel Pa op en plak dit aanmekaar vas.
My slenterstap en oe wat sukkel om die pad te sien.
My sleepvoete wat te swaar is en my sleeptong wat nie een woord kan uitkry nie.
Pa hou my kniee met altwee hande vas, sodat ek regop kan bly.
Pa gee my tong woorde.
Pa soen my voete.
Pa tel my hand op en steek dit in die lug sodat ek kan juig, Prys God
Pa druk my rug met pa se knieg regop sodat ek nie moet inkonk soos ‘n seer donkie nie.
Pa roep my naam.
Pa roep my naam.
En die kind agter die tralies antwoord my:
Bly staan, vreemdeling. Bly regop Reisiger.  Bly op die pad Toeris.
Ek kyk weer na die kind, kyk weg en toe kom die son op, die see breek oop en ek kry ‘n pad tot by pa…want pa is pa.
Kind, gooi jou breinsuiker oor die tralies, oor die pad, oor die see, oor die son en skreeu al die lug uit jou longe uit, want Nou is NOU…NOU…NOU..Nou…nou
Dankie kind.
foto geneem van video tape voor die dae van digital…want dis bliksems mooi.
0 notes
breinsuiker-blog · 7 years
Photo
Tumblr media
spanje se platteland...
wat kan ek tog van jou se
Dalk wil ek iets oor die fiets
se waarop ek sit...wat uitgecrop is.
Hierdie foto ontstel my.
Hier is nie 'n storie of 'n gedig aan hierdie kiekie vasgespeld nie. Dit is net 'n vertel.
Somer 2001 - Spanje
Ek was nog nooit lief vir fietse nie.  Maar vandag kyk ek na hierdie uittreksel (nog geneem met 'n ou video camera-tape, nie digital nie.)
Die fiets se ketting het halfpad iewers tussen verdwaal en frustrasie afgeval en ek kon dit nie weer opkry nie. Hoe ironies is dit nie? Hoe skokkend as ek vandag daarna kyk?
vir een of ander rede het die ketting afgeskiet en ek moes die fiets terugstoot, en dit was ver. Ek was moerig.
Vandag:
Ek is moertoe geskok, want ek verlang na haar en in die naam van fiets is sy weg.
"n Fiets se speek het dwars in my hart kom steek en my hele lyf vergiftig....
(ek gaan nie verder aan hierdie post skryf nie. ek kry dit nie reg nie. Al wat ek kon doen is om die fiets uit te crop...dis beter....koebaai fiets...)
0 notes