Tumgik
geskrifte-blog · 11 years
Audio
2 notes · View notes
geskrifte-blog · 11 years
Photo
Tumblr media
0 notes
geskrifte-blog · 11 years
Text
Nicobar Pigeon
Tumblr media
Die Nicobar Pigeon kom vanaf  die Nicobar Eilande, en is 'n voël met mooi metaalagtige groen, blou, en koper vere. Dit het 'n kort wit stert en donker snawel, met rooi voete.
Nicobar Pigeons is nomadies en vlieg tussen eilande, en is  met dagbreek en sononder wakker .
Dit woon in die digte bosse in groot groepe. Hulle is omtrent so groot soos 'n liniaal, en kommunikeer met harde repetitieve klanke. Anders as ander pigeons vlieg hulle in enkel-lêer. Hulle is moontlike verwant aan die Dodo.
Die voël eet sade, vrugte, insekte, en  blomme botsels, en hulle kos word verteer met die hulp van 'n maag klip. Dit lê 'n ligblou eier.
Wetenskaplike naam: Caloenas Nicobarica.
3 notes · View notes
geskrifte-blog · 11 years
Photo
Tumblr media
0 notes
geskrifte-blog · 11 years
Text
Whale Shark
Tumblr media
Die walvis haai is nie eintlik 'n walvis nie, maar is die grootste vis in die wêreld. Dit kan tot 12 meter lank en 20 ton weeg. Die spesies kan van 60 tot 100 jaar leef.
Hul groot plat koppe het klein barbels bo die neus gedeelte. Hulle liggame is donker grys, bedek met wit kolle en strepe. Hulle is tuis  in warm tropiese waters, waar hulle elke lente aan die kuste van Australië migreer.
Hulle is filter-feeders, wat leef op plankton en klein visse.
Hulle mond is gevul met rye tande, maar niemand weet presies waarvoor hulle daar is nie.  Hulle gee geboorte aan  lewende kleintjies.
Die walvis haai is 'n eensame en vreedsame skepsel, wat huidiglik as 'n kwesbare spesie geidentifiseer is.
Wetenskaplike naam: Rhincodon Typus.
1 note · View note
geskrifte-blog · 11 years
Photo
Tumblr media
0 notes
geskrifte-blog · 11 years
Text
Grizzly Bear
Tumblr media
Ook bekend as die silvertip beer, of Noord-Amerikaanse bruin beer, is hierdie bedreigde subspesie van die bruin beer in Noord-Amerika, Sentraal-Europa, Asië en die Arktiese kus te vind, in habitate wat strek van alpiene tot toendra.
Hulle is alleenlopers, behalwe vir wanneer 'n wyfie  welpies het of tydens die salm paai. Grizzlies kan leef vir 25 jaar, groei so hoog as 3 meter met 'n gewig van 4 volwasse mans. Hulle hiberneer in die winter in grotte of boom holtes.
Hiebernasie duur vir 6 maande, en gedurende  die tydperk, gee die wyfies geboorte.  Die embrio ontwikkel net voor haar hibernasie en wanneer sy genoeg gewig opgetel het,  en die wonderlike  gebeurtenis word "vertraagde inplanting" genoem.
Hulle is omnivore en siffel gewoontlik kos uit.
Grizzly bere het 'n boggel op hulle skouers wat gevorm word deur vet en spiere. Hulle het 'n slegte visie maar het ‘n skerp gehoor en sin van reuk. Hulle is selfs in staat om ‘n spoed van byna 50 km/h te bereik.
Wetenskaplike naam: Ursus Arctos Horribilis.
1 note · View note
geskrifte-blog · 11 years
Photo
Tumblr media
0 notes
geskrifte-blog · 11 years
Text
Peacock Spider
Tumblr media
Dit is 'n Peacock Spider, ook die Gliding Spider  genoem, en is net gevind in Australië.
Die manlike spinnekop het twee ronde flappe aan elke kant van sy maag wat gevou gehou word. Die skitterende kleure op die flappe word gebruik vir die hof van wyfies, saam met n ingewikkelde swaai dans. Eerstens is die flappe opgelig, dan vibreer sy maag geeelte terwyl hy twee ekstra-lang bene waai van kant tot kant. As hy nie die wyfie beïndruk nie,  word  hy middagete.
Hierdie spring spinnekop groei net tot die klein groote van 4-5mm. Hulle het baie goeie sig en kan prooi vanaf 20cm weg opspoor.
Hul naam beteken "vlieg", omdat dit gedink was dat die flappe hulle gehelp het om te vlieg, maar dit is nie waar nie.
Daar is 20 bekende spesies, maar net agt wat behoorlik geïdentifiseer is. Sommige van die ander is Maratus speciosus, Maratus Harrisi, Maratus linnaei, Maratus Mungaich, Maratus amabilis, Maratus splendens, Maratus Verpertilio en Darlington se pou spinnekop, sowel as die Saitis Ruime. Elkeen is uniek met sy eie palet van briljante kleure.
Wetenskaplike naam: Maratus Volans.
0 notes
geskrifte-blog · 12 years
Photo
Tumblr media
0 notes
geskrifte-blog · 12 years
Text
Mountain Gorilla
Tumblr media
In die Kongolese Bekken van Sentraal-Afrika, woon berg Gorillas in digte woudbedekte vulkaniese areas in troepe van tot so veel as  dertig lede. Daar is minder as 800 in die wild, en hulle is kritiek bedreig. 
Hulle leef sowat vyf-en-dertig jaar en is langer as 'n volgegroeide man, en weeg tot drie keer meer. Hulle is groter as ander gorillas en hulle dik pels hou hulle warm in koue temperature. Hulle is nomadies en bou elke aand nuwe neste in bome of op die grond.
Families het 'n baie noue verband en die mannetjie sal sy familie aggresief verdedig sonder vrees vir homself. Gorillas is eintlik skaam en sag en val net aan indien bedreig. Mannetjies sal intimideer met aggressiewe optredes van krag. Dominante mannetjies is bekend as 'silverbacks’. Wyfies kan net 'n enkele baba elke drie of vier jare hê.
Hul dieet is plante, vrugte en insekte.
Wetenskaplike naam: Gorilla Beringei Beringei.
1 note · View note
geskrifte-blog · 12 years
Photo
Tumblr media
0 notes
geskrifte-blog · 12 years
Text
Ring Tailed Lemur
Tumblr media
Die enigste te vinde op Madagaskar, is ring-sterte lemurs 'n bedreigde spesie wat aan die primaat-familie behoort. Hulle woon sowat twintig jaar, en spandeer ‘n ongewone bedrag tyd op die grond om te soek vir vrugte, blomme, blare, boom sap en bas. 
Hierdie wesens leef in troepe van vyf tot dertig met die wyfies as die dominante leiers onder een alfa-wyfie. Hulle gee geboorte een keer 'n jaar, soms aan tweelinge.
Lemurs het sterk reuk kliere op hulle agter ente, voete en bors, en het klein hakkies op hul polse, wat hulle gebruik om grondgebied te merk, te kommunikeer en hulself te verdedig. Mannetjies veg vir dominansie deur te probeer om die ander ‘uit te stink’ en bedek hul sterte in kragtige afskeidings.
Hulle is een van die mees vokale primate in die wêreld.
Wetenskaplike naam: Lemur Catta.
8 notes · View notes
geskrifte-blog · 12 years
Photo
Tumblr media
0 notes
geskrifte-blog · 12 years
Text
Veiled Chameleon
Tumblr media
Bekend ook as die Jemen Verleurmannetjie, is hierdie groot spesies van verkleurmannetjie te vinde in die Jemen, Verenigde Arabiese Emirate, en Saoedi-Arabië. 
Hulle kan aggressief wees en het 'n helm-agtige rif op hulle koppe. Die mannetjies is meer opvallend gekleurd en groter as die wyfies. Hulle beweeg stadig heen en weer, en hulle oë kan selfstandig beweeg om in twee rigtings gelyktydig te kyk. 
Versluierde verkleurmannetjies verander na donker kleure of kamoefleer hulself as hulle skrik. Hulle is baie territoriaal, en woon in bome en bosse, met sterte wat gryp soos voete. 
Hulle eet krieke, kakkerlakke, en wurms. 
Hulle is een van die Ou Wêreld of Ware verkleurmannetjies.
Wetenskaplike naam: Chamaeleo Calyptratus.
2 notes · View notes
geskrifte-blog · 12 years
Photo
Tumblr media
0 notes
geskrifte-blog · 12 years
Text
Jaguar
Tumblr media
Die wereld se derde grootste groot kat is in Noord-en Suid-Amerika te vinde , alhoewel die meerderheid van hulle in die nat laelande van die Amasone Reenwoud leef. 
Die woord 'Jaguar' kom van die Indiaanse woord 'yaguara’, wat beteken ‘die dier wat prooi dood maak in een sprong’.
Die jaguar is een van die vier katte wat brul – dit klink soos 'n reeks heserige hoes geluide. Dit kan goed boom klim en swem, en dikwels spring hulle op hul prooi van bo af of bekruip hul prooi. Hulle jag byna alles in die bos, rivier, en in die lug, op verskillende tye van die dag en nag. Jaguars merk groot grondgebiede met hul reuk of deur bome te krap. Hulle woon alleen, behalwe tydens teelseisoen. Die moeder gee geboorte na een honderd dae aan een tot vier blinde welpies, en verdedig en beskerm hulle vir twee jaar, terwyl hulle leer om te jag en te oorleef. 
Hul pels kan  lig bruin-geel of 'n seldsame swart wees. Hulle het ‘n byna-bedreigde spesies geword.
Wetenskaplike naam: Panthera Onca.
1 note · View note