Text
ek wens soms ek was anders, ek wens soms ek was nie ek nie.
ek skryf soms stories oor my lewe, maar dit voel nooit soos my plek nie.
ek droom oor ‘n wêreld; ‘n plek waar ek werklik bestaan.
ek droom soms oor ‘n lewe waar my inkleurkryte oor die lyne kan gaan.
almal het hierdie idee van wie ek moet wees, en daardie idee het ek toe geword.
maar nou sit ek hier en wonder wie ek dan werklik is.
want ek hou nie van die idee wat ek is nie; ek wens ek was myself.
0 notes
Text
Lately it’s been darker
The sun has been shy
and the voices in my head prefer to lie
I’ve been staring in the mirror
looking for a change - looking for a chance
When it gets really late, I watch the stars dance
I wish to be like them
I wish to be free
just a little out of reach
just a little too far to see
My tears look like glitter
and my scars look like art
I wonder if maybe I can be one of them
if maybe I can play that role or just a small part
0 notes
Text
Things are changing
and nothing remains the same
from past to present to future
our mistakes path our way
And now I’m staring into the abyss
waiting for the train to arrive
on my way to the next stop
I see my season fly by.
0 notes
Text
In a black and white world
the colourful is locked away.
Love became a war
and we are fighting everyday.
Longing for freedom;
for a chance to express.
One day we will conquer,
and we won’t settle for anything less.
Now draw your swords and let the light break
into a never-ending rainbow.
Let’s be an earthquake
0 notes
Text
Nog 'n gedig sonder 'n naam
Nog ‘n gedig sonder ‘n naam
Soms wil ek huil, soms wil ek skree, soms wil ek die mensdom haat en net van almal vergeet. Soms wil ek lag, soms wil ek lewe, soms wil ek in my kombuis dans tot my onderbewussyn my vergewe. Ek weet ons almal maak foute en ons almal val om te kan leer, maar is dit te veel gevra om stabiliteit te soek, net vir een keer. Alles voel soos ‘n op-en-af, heen-en-weer tuimeltuig wat gravitasie bloot…

View On WordPress
0 notes
Text
Op die drumpel van 23
Ek luister nie genoeg na wat mense sê nie, en op die drumpel van 23 weet ek steeds nie regtig wat ek wil hê nie. My 5 jaar plan is sterk aan die gang, en meeste van my doelwitte het reeds regmerkies in hul boksies. Dis goed, dis gerusstellend, dit laat my beter voel. Met my lysie vol regmerkies kan ek aan die wêreld bewys dat my lewensplan vorder, al voel ek nogsteeds verlore. Op die oog af moet…

View On WordPress
0 notes
Text
Nog iets oor Oktober
Onthou jy nog Oktober? Dit was somer in die Jakaranda-stad en ons het gaan avonture jag. Dit was net na middernag. Die wêreld was groot en onbekend; ‘n padkaart vir ons om te gaan verken. Daar was konstellasies in ons oë – die kinders wat vir ‘n slag in iets kon glo. Dak na dak. Storie op storie. As ons dit oorvertel, sal niemand ons glo nie. Nag na dag. Lag en trane. Die Telkom toring en sy blou…

View On WordPress
0 notes
Text
‘n gedig wat soortvan rym
Jy is somer in winter en lente in herfs, jy is die blare en die blomme wat die grasperk kom verf. Jy is die doudruppels onder my voete en die sonstrale op my vel. Jy is die dae wat ek aftel. Jy is die refleksie in die venster van die trein op pad na nêrens.
Jy is ek en ek is jy.
As my refleksie kan glimlag, kan ek seker ook. Ek is mooi en ek is goed, as ek val staan ek op, ek skrik nie vir…
View On WordPress
0 notes
Text
Two strangers on a rooftop
Two strangers on a rooftop
“You’re not a disappointment just because you chose to follow your own path, you know, even though people will always try to make you feel that way.” She didn’t blink, she didn’t shed a single tear, nothing. She just stared at the city that was slowly falling asleep. Did they somehow manage to sneak into a building? Yes. Are they currently on the roof, staring at everything and nothing at the…
View On WordPress
0 notes
Text
Hoekom nie?
Ek het al vergeet hoe dit voel om iets vir die eerste keer te doen.
Deesdae is ons so vasgevang in ‘n roetine wat ons hoop sal voldoen aan die samelewing se verwagting.
Ek skryf nie meer so baie nie, want ek is altyd besig met iets anders. Ek dink nogsteeds in versreëls, gebroke rym en eentonige kwatryne. Maar dis anders. Daar is ‘n tipe bevrediging daaraan om jou woorde op papier neer te pen. Jy…
View On WordPress
1 note
·
View note
Text
lockdown gedig sonder hoofletters
agter slot en grendel
vir hoe lank nou al
dis hoeka tyd
dat my gedagtes my inhaal
ek skryf nie meer so maklik nie
maar ek dink deesdae te veel
die woorde warrel deur my kop,
maar hulle weier om op my papier te kom speel
ek dink ons almal is ietwat verlore,
kluisenaars in ons kamers van glas
die norm is deesdae net ‘n konsep
iets wat eens op ‘n tyd was
ek skryf maar weer
d…
View On WordPress
1 note
·
View note
Text
‘n Saterdagaand storie
“So waar is die Suiderkruis?” Met een oog toe en ‘n kop wat so effe kantel probeer sy al die konstellasies skei. Dis ‘n prentjie wat hy so graag op film sal wil vasvang, maar in die oomblik kan hy net lag. Hulle staar vir nog ‘n oomblik na die hemelruim in stilte, ‘n heilsame stilte. Dis net na middernag, iewers op ‘n dak in die middel van die stad. Ek weet nie eers of enige van die konstellasies…
View On WordPress
0 notes
Text
Mense; boeke
Mense is soos boeke. Ek wil eintlik sê hulle is presies nes boeke. Hulle het verskillende buiteblaaie – sommiges is eenvoudig, verweer, klassiek en ander is ‘n pallet van kleur, opgetof en gemaak van die duurste leer. Ons oordeel ‘n boek mos op sy buiteblad, hoe hulle lyk meer as wat daarbinne geskrewe staan. Ons doen tog presies dieselfde met mense
Jy dink die buiteblad is nie fancy genoeg nie,…
View On WordPress
0 notes
Text
Lunatic in lockdown
Ek het nog altyd ‘n obsessie gehad met die maan, die manier hoe sy deur soveel fases gaan net om weer by punt A uit te kom. Ons is maar baie soos die maan, ons gaan deur fases om onsself te leer ken. Net om weer by punt A uit te kom en te besef dat ons nie werklik soveel geleer het nie.
Dis ‘n reis wat nooit gaan eindig nie. Roetine word ‘n tronk, en ons is almal kriminele.
Die probleem met…
View On WordPress
2 notes
·
View notes
Text
Lig en donker
Lig en donker loop altyd hand aan hand, met die een wat skamerig agter die ander wegkruip. Dis twee konsepte wat ‘n mens nie maklik kan skei nie. Die een floreer in die ander se afwesigheid, maar tog staan hulle altyd saam.
Is dit nie maar so met mense ook nie? Almal het twee kante – die lig en die donker. Dit loop hand aan hand deur die lewe. In ons donker oomblikke, soek ons na lig. In ons…
View On WordPress
0 notes
Text
Papiervliegtuigie
Ek skryf ‘n gedig nes al die digters van ons tyd.
Met ‘n papier en ‘n pen bloei ek my hart heetemal uit.
Dalk sit ek my woorde in ‘n liedjie, dis seker die enigste manier hoe ek deur jou stilte sal kan kom.
Dit begin met ‘n vers, waar die woorde so bietjie rym, en dit eindig met my wat na jou sagte hande gryp.
My pen se ink is al uitgeskryf op sonnets aan jou, ek skree my longe leeg…
View On WordPress
1 note
·
View note
Text
Always be that girl.
Always be that girl.
“What’s up with the stars tonight?” It was a rhetorical question obviously, since it was clear that nobody around her was paying attention. Well they were paying attention to the senseless conversations and blaring music, but not to what was important in that moment. She laughed it off, because in a way she found it funny. It was somewhat funny to see so many people nod and smile for the sole…
View On WordPress
1 note
·
View note