Text
Die nuwe Tumblr
Ek moet erken ek was lanklaas regtig hier op Tumblr. Ek weet die eienaars van Wordpress.com het hierdie platform destyds oorgekoop en veranderings wat onlangs hier aangebring is wys duidlik dat Wordpress sy merk hier gelaat het.
Wordpress se blokredigeerder is nou ook op Tumblr te sien. Persoonlik hou ek eerder van 'n gewone "plain text" skryfblokkie waarin mens net kan skryf sonder om oor blokkies bekommerd te wees, maar ek verstaan ook dat die nuwe ontwerp meer toeganklik is vir mobiele toestelle.
Verder hou ek ook van die idee dat jou blogleser met nuwe inskrywings van blogs wa jy op Tumblr volg beskikbaar is op jou beheerpaneel, oftewel Dashboard. In Wordpress is die leser 'n aparte afdeling, maar selfs dit het sy voordele.
Die een nadeel van Tumblr is die tekort aan Afrikaanse bloggers hier. Meeste van hulle was tradisioneel op Wordpress of Blogger of het hulle blogs op hulle eie diensverskaffers gehuisves. Hier is die aanbod egter beperk maar ek glo ek kan dalk meer bloggers opspoor as ek meer etikette volg wat deur meeste Afrikaanssprekendes gebruik word.
Dit dan sommer net 'n paar los gedagtes oor Tumblr en die gebruikerservaring en veranderings daaraan.
4 notes
·
View notes
Text
Enetjie vir al die agtersitplek bestuurders.
_Braam before getting in the car with Ghost_
Braam: it can't be that bad, let's go!
_Braam during the drive_
Braam: waar die hell het jy jou license gekry?! 'n Lucky Packet?! Ek loop liewer- o my flip-! Nee, stop stop stop-!
_After the drive_
Price: what have we learned?
Braam: that Simon "Ghost" Riley is a maniac and whoever allowed him to get a driver's license was clearly drinking something.
7 notes
·
View notes
Text
Man van staal of breekbare kruik? #eBoeke
Man van staal of breekbare kruik? #eBoeke
Uittreksel uit
GEE MY HOOP â selfs toe daar geen hoop meer was nie
Hoofstuk 20
Man van staal of breekbare kruik?
Elkeen van ons het waarskynlik ân gunsteling Bybelgedeelte of ân spesifieke gunsteling versie. So het ek. En ek wil hierdie boekie afsluit met verwysing na en bespreking van my gunsteling gedeelte wat in my lewe ân groot rol gespeel het en steeds doen. ân Gedeelte waaruit ek baieâŠ
View On WordPress
1 note
·
View note
Text
Boodskap vir Oscar
Vandag moes moeilik gewees het. Vandag sou julle, die familie, heel moontlik bymekaar gekom het, en oor haar gesels het, n ruiker iewers vir haar neergele het, en vir haar vertel het dat julle haar mis, nog elke dag. Maar julle kon nie, want hier is eers n berg voor julle, om uit te klim.
Ek glo, dat die wat ons vooruit gegaan het, tog heeltyd by en om ons is.  Jy voel nie daardie arms om jouâŠ
View On WordPress
1 note
·
View note
Text
Toetslopie
Hierdie is sommer 'n toetslopie om te sien of my Tumblr nog in 'n werkende toestand is. Ek was so lanklaas hier dat dit eintlik 'n skande is. Hoop Tumblr onthou my nog.
0 notes
Text
Rowee week vir Afrikaners en blankes
Hierdie week was voorwaar 'n rowwe week vir blankes en Afrikaners. Ons het behoorlik deurgeloop onder die skerp tonge van belangrike figure binne die ANC-regime soel as 'n beoordelaar van die gewilde Pop Idols reeks op M-net. Die beoordelaar, Mara Louw het op Sondag 7 November gekla omdat 'n swart deelnemer nie die kompetisie gewen het nie. Swartmense het glo nie toegang tot DSTV nie en daarom kon hulle nie stem nie. Later die week het dit wel uitgekom dat die swart deelnemers wel op 'n stadium wel gewild was en 'n kans gestaan het om te kon wen. Ek het nooit gehoor dat Louw verskoning gevra het vir haar uitlatings nie. Daarna was ons weer onder skoot nadat Maggie Sotyu, adjunk-minister van polisie, hierdie week in die parlement beweer het blanke misdadigers word ligter gestraf as swart misdadigers. Sy het dit gesĂȘ na die vrystelling van 'n verslag deur die Instituut vir Geweld en versoening waarin beweer word Apartheid en die trekarbeidstelsel die rede is hoekom misdaad in Suid-Afrika so gewelddadig is. Sotyu is uit verskeie oorde skerp veroordeel vir haar uitlating. Verder het die ANC Jeugliga ook hierdie week gesĂȘ dat die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein, Pretoria, verwyder moet word en vervang moet word met 'n standbeeld van Chris Hani met 'n groep MK vryheidsvegters om hom. Afriforum Jeug het in reaksie hierop gesĂȘ hulle is bereid om hulself aan die standbeeld vas te ketting om dit te behou as dit sou nodig ord. Laastens het Fikile Mbalula, Minister van Sport, ook gesĂȘ dat skolerugby volgens hom te wit is en dat transformasie daar nodig is, d.w.s. hulle wil meer swartes in rugbyspanne hĂȘ. As daar nou een ding is wat nou vir ons duidelik is, dan is dit dat selfs die Anc nie eers glo aan die versoeningspropaganda waarmee hulle ons gevoer het nie. Hoekom moet ons nog daaraan glo? Ons word vertel dat almal sogenaamd gelyk is maar dan word blankes uitgesonder vir haatspraak. Hierdie uitsprake word op die ou einde ongestraf gelaat. Is dit enigsins 'n wonder dat ons mense al hoe meer daarop aandring om ons eie volkstaat en eie volksowerheid te kry? Ons voel eenvoudig nie tuis in die ANC-regime se Mzanzi nie.
0 notes
Text
Paul Kruger
Vandag gedenk ons as behoudende Afrikaners wat ons geskiedenis lief het weer die geboortedag van Paul Kruger, een van ons groot Boereleiers. Hy was die laaste president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, ook bekend as die Transvaal, voor die Tweede Vryheidsoorlog. Paul Kruger was deen van die leierskorps wat die Boerevolk van die ZAR in 1881 bevry het van Britse oorheersing nadat Britanje in 1877 die ZAR beset het. Nadat Goud aan die Witwatersrand ontdek is het hy 'n bittere politieke stryd gevoer om ons onafhanklikheid te behou nadat Britanje met slinkse maatreĂ«ls probeer het om beheer oor die ZAR se regering te verkry onder die dekmantel dat hulle die regte van die buitelanders probeer beskerm wat daar in die myne gewerk het. Selfs toe die Tweede Vryheidsoorlog in 1899 uitgebreek het het hy nie sonder meer oorgegee nie en het selfs Europa toe gereis om steun te werf vir die saak van die Boerevolk. Ongelukkig was dit nie oral suksesvol nie. Alhoewel dit maar moeilik gegaan het om regerings van daardie tyd sover te kry om ons behulpsaam te wees het gewone EuropeĂ«rs wel groot inspirasie geput uit ons stryd teen Britanje. Paul Kruger is een van daardie leiers wat dit verseker die moeite werd maak om die goeie uit die verlede te haal en ons toekoms daarop te bou. Mag ons weer 'n leier soos hy kry om ons na vryheid te lei in die moeilike jare wat vir ons voorlĂȘ.
0 notes
Text
Ag, nee, Ghana het gewen
Ag nee, en daar wen Ghana toe regtig. Arme Amerika. Maar gelukkig speel Ghana in die kwarteindrondte teen Uruguay. Mag Uruguay hulle net so pak gee soos wat hulle vir Bafana pak gegee het.
0 notes
Text
Amerika vs Ghana
Ek luister op die oomblik na die wedstryd tussen Amerika en Ghana. Ek is glad nie \\\'n sokkeraanhanger nie, maar ek hoop regtig Amerika kan \\\'n plan maak om Ghana te wen. As Ghana moet wen gaan dit verseker die ego\\\'s van die Afrosentriese massas streel. Dan sal die klomp raasbekke ons weer mal maak deur vuvuzelas in die straat te plaas. Ek hoop eintlik Nederland of Duitsland wen hierdie toernooi. Ek het op \\\'n stadium vir die Italianers ook duim vasgehou, maar hulle is deur Slowakye uitgeskakel. Maar nou ja, kom ons sien wat gebeur. [tags sport, sokker
0 notes
Text
Bloubulle in Soweto
Die Bloubulle speel hierdie naweek teen die Crusaders in Soweto by die Orlando stadion. Loftes Versveld word tans voorberei vir die 2010 WĂȘreldbeker sokkertoernooi. Ek kan nie help om te wonder hoeveel van die Bulle se tradisionele Afrikaner ondersteuners Soweto toe sal gaan om hulle daar te ondersteun? Verder wonder ek ook of die gebrek aan tuisveldvoordeel ook 'n invloed op die Bulle se prestasies sal hĂȘ. Kom ons wag en sien wat gebeur.
0 notes
Text
Is daar enige Afrikaans op Tumblr
3 notes
·
View notes