Tumgik
#Toe vind ek jou
whileiamdying · 2 years
Text
Toe vind ek jou Francois van Coke & Karen Zoid
Ek lê my wapens neer Vanaand vir die eerste keer Sien ek myself in jou oë Ek het hierdie oorlog verloor Ek staar na die bloed op my hande Ek weet ek het verander Jy dink ek praat net weer Ek het jou lief Ek sweer Geen pretensie Geen beheer Buite die stemme wat skater Vriende wat groet Sien jou later Elkeen vind sy pad Ek weet ek moet ook my skat Hey, my sweet Hey, my baby Jy’s my toevlug Wil jou nooit laat huil nie Jy’s my lied Jy’s my wysie Ons het ’n hond Ons het ’n huisie Ek het genoeg gegee Ek het genoeg geskree Ek het lankal terug geleer Maar nog steeds het ek probeer Vlug soos ’n verraaierVan dit wat my vashou Daar was monsters in die donker Toe vind ek jou Ek sweer Geen pretensie Geen beheer
0 notes
s090l · 7 months
Text
Tumblr media
In die sagte gloed van die oggendson, leê Handré en sy verloofde y/n nader aan mekaar in die bed. "Lief, alles is seer," sê Handré met 'n sug van ongemak.
"Ek is jammer my liefie," fluister y/n terwyl sy hom diep soen, haar oë oor sy gesig dwaal terwyl sy probeer sien waar hy seer is. Handré laat 'n lae grom hoor en sê, "Ek moet vandag oefen."
Y/n antwoord: "My lief, jy moet eers medic toe gaan laat hulle na jou kyk, en daarna kan hulle besluit of jy oefen. Anders gaan ons net lê en ontspan vir die dag."
Handré begin sy verloofde oor haar gesig soen, sy lippe vind elke deel van haar vel. Dan sê hy met 'n haperende stem, "Kom saam my medic toe, asseblief? Ek het nie lus daarvoor nie, en ek is net nie meer lus nie."
Sy streel saggies deur sy hare en knik sag, "Natuurlik, my liefie. Ek is hier vir jou, deur dik en dun." Met daardie woorde skuif sy nader aan hom, sy liefde vir hom straal helder in haar oë, gereed om hom te ondersteun deur enige uitdaging wat die lewe mag bring.
1 note · View note
impossible1983 · 21 hours
Text
Pa
Gister het ek jou doopseël gekry. Vir die eerste keer ooit het ek my oupa se volle name daarop gesien. Voor gister het ek hom net as Koos geken. Nou is hy Jacobus Frederick. Voor vanoggend was jy net ñ verskriklike klomp herinneringe vir my. Bitter pynlike herinneringe. Waaraan ek nie wil dink nie. Waaroor ek nie wil praat nie. Maar iemand het onlangs met ñ glimlag en soekende oë een van my vele mure afgebreek... Dit was so onverwags, so skielik. Ek is nou nog deurmekaar van skok. Maar die muur is af en alles wat ek myself belowe het om stil te hou kan nou nie vinnig genoeg by die opening uitstroom nie. En sowaar, vanoggend is jy in my gedagtes. En meteens kyk ek na jou met die deel van my wat nou kaal gestroop is na die stuk muur vernietig is. Skielik het ek gewonder of ek ooit vir jou omgegee het. Of ek ooit regtig lief was vir jou. Jy wou my nooit hê nie. Jy wou my besit om te breek en te knak soos dit jou behaag het. Maar selfs na jy my opgevrommel het, was dit nie goed genoeg nie. En soos met opgevrommelde goed gebeur, het jy my weggegooi. Al wat aan die einde tussen ons oor was, was die dinge wat nie een van ons wou vind nie. Afkeur. Ontevredenheid. Verwerping. Ongelukkigheid. Hartseer. Vervreemding. Haat? Hier waar ek nou staan, is ek nie blind nie... Ek het ook vanoggend iets anders onthou. Terwyl jy my so mismaak het oor twee dekades heen, het ek terug gekrap. Gekap. Gesny. En jy het gebloei daarvan, maar dit was nie bloed nie. Net donker nag, gif en gal. 1999 en 2000 was jare van baie eerstes. Oorweldigende eerstes. Terwyl my hart soos ñ wilde voël probeer vlug het van jou dodelike kloue af, was ek vir ñ baie kort rukkie lief vir jou. Vir die dag of twee toe jy van jou stormwolk afgedaal het en gesukkel het om jou eie hart oop te maak, was dit maklik en aangenaam om vir jou om te gee. Ek kan dit nie aan jou beloof nie, maar ek sal probeer om vanoggend se oomblik weer uit te haal en aan jou te dink sonder weersin. Dalk wanneer iemand anders weer ñ stuk van een van my mure afbreek. Dalk wanneer ek die klippe terugpak om die muur te herbou. Dalk kan daar vanaand, wanneer ek deur die stukkende muur na die wêreld kyk, ook ñ traan of twee vir jou oor my wang rol...
0 notes
drifted-writer · 7 months
Text
hoekom vind jy vreugde in die teistering dat my lewe nooit dieselfde sonder jou sal wees nie?
jy het my gebreek, hervorm, verander. die dag toe ek jou toegelaat het, was die dag wat ek verandering aanvaar het.
ek't geweet jy gaan wegstap van my af, met my menswees in 'n berustende hopie van wat dit eens was.
jy was alles.
0 notes
rausule · 9 months
Text
Benedictio Remissionis
1. Quis solus potest peccata dimittere? "Ego sum dele iniquitates tuas" (Esai. XLIII, 25).
2. Quomodo Dominus volens misereri peccatori?
Et cum Dominus transiret ab eo, clamavit: Domine, Domine, misericors et clemens Deus, qui custodis misericordiam in millia, qui dimittis iniquitatem et praevaricationem et peccatum (Exod. XXXIV, 6, 7);
3. Quia Deus sanctus est, in quo solo misereri potest
demonstrabo? Sine sanguinis effusione non fit remissio.
4. Quis conditionibus veniae occurrit? Notum ergo sit vobis, fratres, quia per ipsum
peccatorum annuntietur vobis.
5. Quomodo Iesus indulgentiam fecit fieri? In ipso habemus salutem per sanguinem eius, remissionem peccatorum
divitias gratiae eius. Eph. 1, 7: sanguis Iesu Christi, filii eius, emundat nos ab omni peccato. 1 John 1:7.
Non satis est gratia Dei in communi fidere; oportet aedificare in gratia Dei in sanguine Jesu.-- Count Zinzendorf.
6. Quid velit Deus facere pro peccatoribus per Christi expiationem?
Canit coram populo, et dicit: Peccavi, et perversa recta. XXVIII.
7. Quomodo Deus totaliter reatum peccati auferre voluerit?
128
Parabola filii prodigi designat amorem Patris caelestis, qui peccatores laborantes exspectat ut redeant. Magna est omnium peccatorum venia. Vide Luc. Carolus Zingaro, Artist;
Die Seëninge van Vergifnis
1. Wie alleen kan sondes vergewe? Ek, Ek is dit wat jou ongeregtighede uitdelg." Jes. 43:25.
2. Hoe gewillig is die Here om genade te bewys aan die sondaar?
En toe die Here by hom verbygaan, het Hy geroep: Here, Here, barmhartige en genadige God... wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtig- heid en oortreding en sonde vergewe." Exod. 34:6, 7.
3. Omdat God heilig is, onder watter omstandighede alleen kan Hy genade
betoon? ...Sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie." Heb. 9:22.
4. Wie het voldoen aan die voorwaardes van vergifnis? ..Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom [Jesus] vergifnis
van sondes aan julle verkondig word." Hand. 13:38.
5. Hoe het Jesus vergifnis moontlik gemaak? ..In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na
die rykdom van sy genade." Efe. 1:7.,,Die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde." 1 Joh. 1:7.
OPMERKING.-,,Dit is nie genoeg om op 'n algemene wyse op Gods genade staat te maak nie; ons moet bou op die genade van God in die bloed van Jesus."-Graaf Zinzendorf.
6. Wat is God gewillig om vir sondaars te doen kragtens die soenoffer van Christus?
Hy sing voor die mense en sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg is.... Hy her my siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die lig." Job. 33:27, 28.
7. Hoe volkome is God gewillig om die skuld van die sonde weg te neem?
Die gelykenis van die verlore seun beeld die liefde uit van die hemelse Vader wat wag vir boervaardige sondaars om terug te keer. Daar is ruim vergifnis vir elke sonde. Kyk Lukas 15:11-32. Charles Zingaro, Kunstenaar.
0 notes
juan-potgieter · 11 months
Text
My hartstaal.
Ek het my lewe lank gesoek vir iemand soos jy -
Iemand wat my hart se taal verstaan.
Iemand by wie ek nie my siel hoef te vertaal nie.
Koffie-geflekte gesprekke los my gedagtes eindloos gekleur met bewondering -
Jou sproete een vir een perfek geplant,
Nes die Here dit wou hê.
Jou woorde en aksies wat my gereeld woordeloos los.
Jy dink jy hardloop dalk weg,
Maar ek sal jou altyd kom vind.
Jy, met jou groen-bruin oë, het ‘n held kom red.
Jou glimlag het geskiedenis krake toe gepleister,
Jou hartklop op die ritme van liefde.
Die gedeel van saggies lag en liedjies fluister.
Jou goue vel en grasgroenoë wat die sonsondergang verhelder,
Ons kla dit is koud,
Maar ek weet dit is warm by jou.
Jy is ‘n sonstraal mens-
My warm plek waar ek net myself kan wees,
Waar jy net jouself kan wees.
Veilig saam om ‘n picnic tafel met die bome wat dans en die son wat in die agtergrond kom groet.
Dit is daar, waar alles in my hart gekoester word. Dit is daar waar jy my hartstaal praat.
-J
0 notes
tumbletumula · 1 year
Text
Die geheim van die Suid-Afrikaanse Revolusie is om te weet hoe om minderhede te ontplooi en gepas op minderhede te fokus.
Tumblr media
Tema: Die geheim van die Suid-Afrikaanse Revolusie is om te weet hoe om minderhede te ontplooi en gepas op minderhede te fokus. Thomo: die eerlike radikale DA is meer werd as die mooiste toespraak.; Liberté, Égalité, Fraternité. Brant. Wat dink jy van die ervaring van die Suid-Afrikaanse "Waarheid en Versoening"-kommissie? Chris: Dit was die pad vorentoe, alhoewel ek daarmee bedoel dat alles wat gedoen moet word gedoen is en moet voortgaan. Suid-Afrika moes egter van swart setlaars en wit setlaars bevry word van die knypers van die Anglo-Saksiese, Afrikaaner, skelm mentaliteit, so kenmerkend van Angel-Saksiese rassisme in die algemeen dat dit beide Boere en Katare as konsentrasiekampkulture beskou. Die hoeksteen van die kommissie "ryk aan die Boere en die Anglo-Saksiese en Kathare" word gevind in die idee van bevryding van die koloniale slawerny haat van homself die rede vir die Keiserlike kolonie en die twee Anglo-Boere-oorloë vanaf 1810- 1910. Wat ses eeue van godsdienstige Suid-Afrika gedoen het, is om almal na die drumpel van 'n multikulturele samelewing te bring, protestantse godsdienstige Katare-protestante en radikale Gereformeerde Protestante wat uit die Franse inkwisisie gevlug het. Maar nadat jy naby laasgenoemde gestop het, moes mens weer gaan lewe. Chris: Wat die Suid-Afrikaanse ervaring ons leer, is dat die oprigting van die goue kalf die feit dat hy 'n "gediskrimineer was vir ses eeue" in die geskiedenis van die wêreld dikwels die een wat die voorwerp van so 'n ongeluk was verplig om te wil afskud bloed, dit maak nie saak wie se bloed nie, ongelukkig amper nooit dié van sy laksmanne nie, amper altyd dié van 'n derde party, dit maak nie saak wie nie. Trouens, die goue kalf het voortdurende opofferings nodig om te funksioneer en dus nuwe slagoffers , wat hul kele afsny met die doel om die offergod goed te hou. Binne die opofferende ekonomie neem die wil tot versoening, in die wet wat deur antieke monoteïsme gegenereer is, die vorm aan van die wet van vergelding en die gees van wraak-anargie EFF- en SEB-wette. In die mate dat 'n mens nooit die transendente op jou eie dood fundeer nie, vind die vestiging van die heilige plaas met die opoffering van iemand anders Suid-Afrikaanse ekonomie. Wat Suid-Afrika deur die "Waarheid en Versoening"-kommissie wou vermy, is wat die Suid-Afrikaanse ervaring van dié van 'n land soos Israel onderskei. Trouens, state wat hulself primêr as opofferende onderdane definieer, verskyn ook dikwels as onderdane vol haat, onderdane, dit wil sê, wat nooit kan ophou om offerdood na te boots en derde partye die som van wreedhede toe te dwing waarvan hulle eens die versoenende slagoffers was. .
Daar is 'n eienaardigheid wat die ANC-bourgeoisie spesifiek van al die vorige heersende klasse in Afrika onderskei: in sy ontwikkeling is daar 'n kritieke punt waarbuite enige verdere toename van die middele van sy mag, en dus bowenal sy kapitaal, slegs bydra tot maak dit toenemend onbekwaam om politieke mag uit te oefen. "Agter die groot bourgeois ANC is die proletariese EFF."
0 notes
shammah8 · 1 year
Text
AfrikaansEnglishSesothoSwahiliXhosaZulu
Powered by Translate
Menu
Home » Tommy's testimony
Tommy's testimony
Posted on February 14, 2023 at Nico Visagie
Share this message on Social Media
downloadBusy
One of our readers posted this testimony about charity on Facebook and I want to share it with you today.
About twelve years ago, I stood and watched my students walk into class for their first reading of Theology of Faith. There I saw Tommy for the first time.
I blinked to make sure I was seeing correctly: he was combing his long hair - hair that hung up to 15 centimeters below his shoulders. It was the first time I had seen a boy with such long hair – that fashion must have just hit the world. Of course I realized that it's not what's on your head that counts, but what's inside, but I was totally unprepared for this sight.
In my gedagtes het ek vir Tommy geliasseer onder “V” vir Vreemd – Baie Vreemd. Dit het so uitgedraai dat Tommy die “plaaslike ateïs” van my Teologie klas was. Hy het tot vervelens toe gekerm, smalende aanmerkings gemaak, en enige moontlikheid van ‘n onvoorwaardelike, liefdevolle God in twyfel getrek. Ons het mekaar in relatiewe vrede verdra vir die eerste semester, maar ek moet byvoeg dat hy dikwels ‘n ernstige pyn in die nek vir my was.
Na die eindeksamen stap hy na my toe en vra smalend: “Prof, dink jy ek sal ooit vir God vind?”
Ek besluit om ‘n bietjie skokterapie toe te pas en sê toe kortaf: “Nee!”
“O,” reageer hy verbaas, “Ek het gedink u sal die produk wou verkoop”
Ek het hom kans gegee om so vyf treë uit die klas te loop voordat ek hom agterna geroep het: “Tommy, ek dink nie jy sal ooit vir God kry nie, maar ek is beslis seker dat Hy vir jou sal kry!”
Hy het vir ‘n oomblik gehuiwer, en toe verdwyn hy uit my klas en uit my lewe. Ek was teleurgesteld dat hy nie my slim antwoord: “Hy sal jou kry!” gesnap het nie. Ek het ten minste gedink dat dit ‘n baie slim lyn was…
Ek het later verneem dat Tommy graad gevang het en ek was dankbaar. Maar toe kom die droewige nuus: Tommy het terminale kanker. Voordat ek hom kon opsoek het hy eendag na my toe gekom. Ek het geskrik toe hy in my kantoor instap – sy liggaam was uitgeteer, en die pragtige lang hare het uitgeval van die chemoterapie, maar sy oë het geblink en sy stemtoon was vir die eerste keer selfversekerd.
“Tommy, ek het so baie aan jou gedink. Ek hoor jy is siek”, stamel ek dit uit.
“O ja, ek is baie siek. Ek het kanker in albei longe. Ek het nog net ‘n paar weke oor.”
“Kan jy daaroor praat, Tommy?” wou ek weet.
“Seker, wat wil jy weet?” antwoord hy.
“Hoe voel dit om maar net vier en twintig te wees, en sterwend te wees?”
“Aag, dit kon baie erger gewees het.”
“Hoe so?”
“Wel, ek kon vyftig gewees het sonder enige lewens waardes of ideale; vyftig, en al wat tel is drank, om vrouens te verlei en om geld te maak; dat dit die enigste groot dinge in die lewe is.”
Ek het deur my liassering stelsel begin soek onder die letter “V”, daar waar ek vir Tommy onder “Vreemd” geliasseer het. Dit lyk vir my dat almal wat ek probeer van ontslae raak in my klassifikasie – vir hulle stuur God weer terug in my lewe in om my te kom opvoed.
“Waaroor ek u eintlik kom sien het”, sê Tommy, “is oor iets wat u gesê het op die laaste dag wat ek in u klas was.” (Hy het sowaar onthou!)
“Ek het u gevra of ek ooit vir God sou vind, en u het ‘Nee!’ gesê – iets wat my werklik verbaas het. Maar toe sê u ‘Maar Hy sal JOU vind.’ Ek het baie hieroor nagedink, alhoewel my soeke na God nie juis baie ernstig was nie.” (My slim antwoord! Hy het sowaar daaroor nagedink!)
“Maar toe kom die slegte nuus, toe die dokters ‘n knop uit my lies moes verwyder en hulle my moes meedeel dat dit kwaadaardig was. Dit is tóé wat ek eers werklik vir God begin soek het. Die kanker het deur my hele liggaam versprei, en ek het my vuiste rou geslaan teen die hemel se poorte, maar God het nie te voorskyn gekom nie. Om die waarheid te sê, het absoluut niks gebeur nie!
Professor, het u al ooit vir ‘n lang tyd baie hard probeer om iets reg te kry sonder sukses? Sielkundig takel dit jou totaal af. Jy raak moedeloos, en uiteindelik gee jy moed op. Wel, een oggend het ek wakker geword, en in plaas daarvan dat ek weer ‘n paar bakstene oor daardie hoë muur van die hemel probeer gooi het om God, wat dalk nie eers daar is nie, wakker te maak, het ek net opgehou probeer.
Ek het besluit dat ek rêrig nie meer omgee oor God of Sy Ewige Lewe of enigiets nie. Ek het besluit dat ek die tydjie wat ek oor het, baie beter kon gebruik deur iets werklik lonend te doen. Ek het baie gedink aan die dinge wat u in die klas vir ons gesê het, en een van die dinge wat ek kon onthou was dat u gesê het: ‘Dit is tragies om deur die lewe te gaan sonder liefde. Maar dit is net so tragies om hierdie wêreld te verlaat sonder dat jy vir diegene wat jy liefhet vertel het dat jy hulle liefhet.’
En so begin ek toe met die moeilikste een – my pa. Hy het gesit en koerant lees toe ek by hom kom.
“Pa….”
“Ja, wat?” Hy het my geantwoord sonder om eers die koerant te laat sak.
“Ek wil graag met Pa praat.”
“Nou toe, praat maar.”
“Pa, dis baie belangrik.”
Die koerant sak so effens. “Wat is dit?”
“Pa, ek is lief vir Pa. Ek wou maar net hê dat Pa dit moet weet.”
Tommy het breed geglimlag, en ek kon duidelik sien dat ‘n warm gloed van vreugde uit hom straal.
“Die koerant het uit my pa se hande geval. En toe doen hy twee dinge wat hy nog nooit voorheen gedoen het nie: hy het gehuil en hy het my styf omhels. Ons het die hele nag deur gesels. Dit was ‘n wonderlike gevoel om so naby aan my pa te wees, om sy trane te sien en sy omhelsing te voel, en om hom net te kon hoor sê dat hy my liefhet.
Met my ma en my kleinboet was dit makliker. Hulle het ook saam met my gehuil en my omhels, en ons het mooi dinge vir mekaar gesê. Ons het die dinge met mekaar gedeel wat ons al die jare vir mekaar geheim gehou het.
Daar was net een ding waaroor ek so bitter jammer was – dat dit so lank moes vat voordat ons hierdie dinge kon doen. En hier was ek nou, besig om oop te maak teenoor almal wat al die jare baie naby aan my was.
En eendag, toe ek weer sien, toe was God daar! Hy het nie na my toe gekom toe ek Hom gesmeek het nie. Ek dink ek was dalk soos ‘n leeutemmer wat met my hoepel gestaan het en vir God probeer sê het: ‘Spring! Spring! Ek gee U drie dae – drie weke…’ Dit lyk my God doen dinge op Sy eie manier, en op Sy eie tyd. Maar die belangrike ding was dat God daar was! Hy het my gevind.
Ja, u was reg Professor, Hy het my gekry, selfs nadat ek opgehou het om vir Hom te soek.”
My mond het oopgehang: “Tommy, jy het iets baie belangrik vir my vertel – iets wat baie, baie groter is as wat jy dalk sou besef. Wat jy eintlik sê, is dat die maklikste manier om God NIE te vind nie, is om Hom jou persoonlike besitting te probeer maak – ‘n soort-van probleem oplosser of ‘n kits-troos wanneer jy in die nood is.
Dit is beter om eerder net jou hart oop te maak vir liefde. Jy weet, Paulus het gesê dat God liefde is, en dat as jy in liefde leef, dan leef jy met God, en God in jou.
Tommy, kan ek jou ‘n groot guns vra? Jy weet, die tyd toe jy in my klas was, was jy vir my ‘n groot pyn. Maar nou kan jy opmaak vir alles, as jy sou instem om na my Teologie-klas toe te kom en vir my studente te kom vertel wat jy vanoggend vir my vertel het.
Hoe lyk dit? Jy weet, as ek dit vir hulle moet vertel sou dit nie naasteby dieselfde effek hê nie.”
“Ooo… ek weet nie so mooi nie – ek was gereed om vanoggend met u te kom praat… maar vir die klas – daarvoor sien ek nie so mooi kans nie.”
“Gaan dink maar daaroor, en as jy gereed is laat jy my weet.”
‘n Paar dae later skakel Tommy my, hy was gereed om sy verhaal met die klas te kom deel, en hy wou dit doen vir God en vir my. Ek het ‘n afspraak met hom gemaak, maar hy kon daardie afspraak nooit nakom nie, want daar was ‘n ander, baie belangriker afspraak wat hy moes nakom – baie belangriker as ek of die klas.
Inderwaarheid was sy lewe nie be-eindig deur sy dood nie – dit het net verander. Hy het die reuse stap geneem van geloof na werklikheid. Hy het ‘n nuwe lewe gekry, baie mooier as wat ek en jy ooit van kan droom – baie heerliker as wat enigeen ooit gesien of ondervind het.
Voordat Tommy dood is het hy nog een laaste maal met my gepraat.
“Ek sal dit nie kan maak na die klas toe nie.”
“Ek weet Tommy.”
“Sal u asseblief vir hulle vertel? Sal u… my verhaal aan die hele wêreld vertel… asseblief?”
“Ek sal, Tommy, ek sal my bes probeer.”
Dus wil ek vanoggend vir jul, my liewe vriende, baie dankie sê dat jul die tyd afgestaan het om hierdie eenvoudige verhaaltjie van liefde te lees. En vir jou, Tommy, daar waar jy êrens in die hemel is – ek het vir hulle vertel Tommy, so goed as wat ek kan.
Hierdie is ‘n ware verhaal – vertel dit gerus maar oor vir ‘n vriend of twee.
Met groot dank.
Professor John Powell
Laai afDruk
(Visited 60 times, 45 visits today)
0 notes
ra-tolkein · 1 year
Text
Sullivan skryf in die hand.
Tim Sullivan is geen vreemdeling vir misdaadfiksie nie. Veertig jaar gelede het hy twee episodes van die klassieke Granada TV-reeks The Casebook of Sherlock Holmes, wat Jeremy Brett vertolk het. Hy het ook gehelp om die vroeë 90's-reeks Maigret te ontwikkel, en al Georges Simenon se boeke gelees. Sullivan het voortgegaan om 'n reeks films oor 'n verskeidenheid genres te skryf, insluitend A Handful of Dust, met Judi Dench en Alec Guinness, en Jack en Sarah, met Richard E Grant en Samantha Mathis. Tydens inperking het Sullivan egter sy hand na 'n ander soort skryfwerk gedraai toe hy 'n reeks van stapel gestuur het van misdaadromans met George Cross as 'n logika-gedrewe Bristol-polisiespeurder op die outistiese spektrum. Die boeke is aanvanklik self uitgegee voordat dit deur die onafhanklike uitgewery Head of Zeus opgetel is. Die grootste verskil tussen skryfromans en draaiboeke, sê hy, is die skryf van beskrywing in plaas van verhoogaanwysings. 'Ek vind dikwels dat ek moet teruggaan omdat Ek het nie 'n gevoel van toneel geskep nie. Ek vind ek het te veel daarvan in my kop en nie genoeg op die bladsy nie. Ek sou byvoorbeeld nooit "Die reuk van die kamer het hom getref" in die verhoogaanwysings vir 'n fliek skryf nie.' Nog 'n uitdaging was om te skryf vanuit die oogpunt van 'n karakter in plaas van die alwetende oog van 'n kameralens. 'Ek het 'n neiging om POV binne te spring ’n toneel, want ek dink visueel, maar lesers vind dit ’n bietjie uitdagend. So dit is iets wat ek moet oorwin. 'Maar wat ek regtig daarvan hou om romans te skryf, is dat daar meer vryheid is om jouself uit te druk. Jy kan oor die innerlike lewe van die karakters praat op 'n manier wat jy nie altyd op die skerm kan nie. 'Jy moet net versigtig wees dat jy nie selftoegewend raak nie. Daar is 'n verskil tussen om jouself uit te druk en om op 'n tangensiële diatribe te gaan.' In daardie opsig sê Sullivan baie van die dinge wat hy as draaiboekskrywer en regisseur geleer het, dra oor na prosa. 'Een van die groot dinge wat ek by 'n ou dokumentêre vervaardiger geleer het, was dat wanneer dit by redigering kom, as iets nie werk nie, gooi jou lieflinge uit. Wat hy bedoel het was, gaan na jou gunsteling toneel en gooi dit uit en kyk hoe dit werk daarsonder. Want dikwels raak jy regtig geheg aan iets en jy kan nie sien dat dit in die pad staan nie. Trek dit uit, en 50 persent van die tyd sal jy jou probleem opgelos het. 'Maar ek dink die belangrikste ding wat ek geleer het, is narratiewe dryfkrag. Op TV het jy oor die algemeen 'n uur, of in 'n fliek twee uur, so jy moet ekonomies wees. In Amerika noem hulle tyd op die skerm “eiendom”. Hulle sê: "Moenie te veel vaste eiendom op die sekondêre karakter mors nie."' Eerste toneel Sullivan, wat grootgeword het as 'n aanhanger van TV-polisieprogramme soos Ironside en Hill Street Blues, wou nog altyd 'n filmmaker wees. Hy het sy eerste kortfilm gemaak terwyl hy regte by Cambridge gelees het. Meer betekenisvol, dit was op universiteit waar hy sy eerste kontakte in die rolprentbedryf gemaak het.
0 notes
pizza-ra-bizza · 1 year
Text
'n toe uit die minarette van sommige van u republieke !
Beste Brant De Beer Russel, Dit is van nou af vir almal duidelik mens sal die Protestantse Radikale Reformasie in die museums van politieke geskiedenis van die wêreld moet soek. Radikale Protestantisme verteenwoordig in werklikheid 'n werklike reaksie op die mens se behoefte. Dit handel oor 'n rasionele leerstelling en met die geprotesteerde gereformeerde dialektiese materialisme is dit beslis moontlik om die mensdom uit die krisis te bring wat juis deur die nie-geloof in die gees veroorsaak word. Dit is die vernaamste euwel van die menslike samelewing, in die Ooste en in die Weste. Beste Brant De Beer Russel, Dit is moontlik dat jy op baie maniere klaarblyklik nie jou rug op radikale Protestantisme draai nie en dat jy weer in toekomstige toesprake jou volle geloof daarin sal stel. Maar jy weet dat dit in werklikheid so is; Die Hoof van China het die Protestantse Radikale Hervorming die eerste slag toegedien, die logika van armoede die tweede en, blykbaar, die laaste. Daar is nie iets soos 'n Protestantse Radikale Reformasie in die wêreld vandag nie. Maar ek wil regtig van jou hê dat jy, wanneer jy die mure van gereformeerde illusies afbreek, nie in die tronk van die Weste en die Groot Satan val nie. Ek hoop jy sal die ware glorie vind dat jy uit die geskiedenis en uit jou land die laaste vrot sedimente gevee het wat in die logiese wêreld geskep is deur sewentig jaar van evolusionêre logiese afwykings. Vandag is selfs die regerings wat in dieselfde rigting as jy beweeg, wie se hart vir beide die tuisland en vir hul mense klop, meer gewillig om die enorme hulpbronne van hul lande, die produkte van die ondergrond te gebruik om die suksesse van die Radikale Hervorming te demonstreer Protestant, wie se gebeente verkrummel met 'n knars wat reeds hul kinders se ore bereik het. Brant De Beer Russel, toe uit die minarette van sommige van u republieke, na sewentig jaar, die kreet Dialektiese Hervorming ontstaan ​​het en die getuienis van dialektiek in die missie van die laaste rasionele Hervorming (mag vrede met hom en met sy nageslag wees), almal die volgelinge van die suiwer Islamitiese Radikale Hervorming het van entoesiasme gehuil. Om hierdie rede het ek dit nodig geag om u aandag op hierdie probleem te vestig, om u uit te nooi om weer te besin oor die twee visies van die wêreld, die materialistiese een en die een geïnspireer deur die leerstelling van eenheid van die proteshervorming. Die Gereformeerdes beskou die sintuie as die maatstaf van kennis waarop hul opvatting van die wêreld gebaseer is: wat deur die sintuie waargeneem word, word beskou binne die bestek van die Rede. Hulle beskou die bestaan ​​as ekwivalent aan die materiële: wat nie vir hulle materieel is nie, bestaan ​​as Radikale Rasionele Rede.
0 notes
rebrandtdebibls · 2 years
Text
Weerstand
Tumblr media
maar, meer as in die tronk, moet ons al ons kragte bymekaarmaak om eenvoudig nie te verloor wat sy die innerlike begeerte om te lewe definieer nie. 18 Ook in die siekeboeg met 'n hoë koors, terwyl hy verneem van die moord op haar ma in 'n ander sektor van dieselfde kamp, ​​moet Tillion al haar krag gebruik om nie aan wanhoop oor te gee nie: "Daardie nag het ek besluit om te lewe, na lang besinning.”19 By die kamp is bestaan ​​gelykstaande aan weerstand, om die uitwissingsplanne van die Nazi's te stuit. Dit is ook die nodige voorwaarde vir daardie vroue om die taak te kan uitvoer wat hulle sal moet aanpak, as hulle terugkeer na vryheid: om te getuig, om aan almal bekend te maak die vlak van agteruitgang wat bereik is in een van die mees beskaafde lande in die wêreld - en nie om wraak te neem nie, maar om te keer dat so 'n euwel herhaal.
’n Verdere stap, meer riskant as die vorige een, bestaan ​​daarin om die verpligting om te werk te ontvlug, want verpligte werk dra, alhoewel indirek, by tot die versterking van Duitse militêre mag. Tillion slaag vir etlike maande in hierdie onderneming, skuil nou hier, en gebruik haar vrye tyd om hierdie nuwe samelewing waar te neem waarin sy haarself verdiep, nie minder eksoties as dié van die Aurès-boere wat sy in vorige jare bestudeer het nie. Hierdie nuuskierigheid laat haar ook nie deur wanhoop oorweldig word nie: die ligte van die analise verwerp die donkerte waarin die gevangenes verval het, en laat hulle toe om hulself te vergeet en sodoende hulself te beskerm.
Om weerstand te bied beteken ook om nie te swig voor die regime van “elkeen vir homself”, van homo homini lupus, wat graag die wagte van die kamp wil vestig en wat die dodelikste regime is nie; inteendeel, die versorging van die ander bevoordeel 'n mens se eie voortbestaan. Dit is wat Tillion "a coalition of friendship" noem: "Dikwels het dit gelyk asof die dun drade van vriendskap ondergedompel is deur die naakte brutaliteit van selfsug, maar die hele veld was onsigbaar daaruit geweef", 20 Wedersydse hulp kom in allereers voor. deur die nabyheid van vroue wat dieselfde taal deel, wat in dieselfde wa vervoer word, maar dit kan ook hierdie hindernisse oorsteek.
Soos Etty Hillesum probeer Tillion die lyding van haar medegevangenes, wat by twee van haar eienskappe baat vind, verlig. Die eerste is haar ervaring as 'n etnoloog en meer algemeen as 'n sosiale wetenskaplike. Baie gou besluit Tillion dat hy die meganika van die konsentrasiekamp moet bestudeer en begin aantekeninge maak op tydelike velle of tussen die reëls van die enigste boek wat hy het, 'n kopie van die Imitatio Christi. Sy optrede is altyd afhanklik van twee impulse wat nou aan mekaar gekoppel is: om die wêreld te verstaan ​​en terselfdertyd 'n afstand tussen homself en die ervaring wat hy leef in te voer. "Baie yl notas wat ek aanvanklik net geneem het om die verloop van tyd in ag te neem, om in 'n toestand van refleksie, van waaksaamheid, in die anderkant self te bly. 21 Op hierdie manier slaag hy daarin om homself te bewaar, hou hy sy intellektuele vermoëns ongeskonde en begin hy om 'n werklike studie van die struktuur en funksionering van die kamp te skets. Dit stel haar in staat om een ​​dag in Maart 1944, ses maande ná haar aankoms by die kamp, ​​'n soort "wetenskaplike konferensie oor Ravensbrück aan daardie kamerade aan te bied wat ewe oortuig is dat beter begrip van die situasie hulle kan help om te oorleef." "Om verstandelik uitmekaar te haal, 'n meganisme te verstaan, selfs al vernietig dit jou, duidelik te begryp, en in elke detail, 'n situasie, selfs 'n desperate een, is 'n geldige bron van koelte, kalmte en vasberadenheid. 22 En die resultaat is nie te laat nie. om te kom: kennis het 'n beskermende rol gespeel. Haar voormalige metgeselle in die tronk bevestig die voordelige effek van hierdie "konferensie, byvoorbeeld Geneviève de Gaulle-Anthonioz:
1 note · View note
impossible1983 · 2 days
Text
In die storm vanaand... S.K.
As ek kon, as al die versperrings tussen ons uit die weg was, sou jy wou hê ek moet vanaand na jou toe kom? Ek sou. Ek sou stap, nou dadelik. Deur die wind, al is ek bang. En ek is kwaai bang vir sterk wind. Sopnat gereën sal ek aan jou deur klop. Wanneer jy oopmaak, sal daar nie woorde wees nie. Jy sal my inlei uit die reën en vashou tot ons albei nat is van my klere. Vashou tot ons nie meer kan staan nie. Vashou tot ons weer droog is. My ongelukkigheid en seer sal verdwyn in jou liefdevolle arms, jou wonde sal genees in die liefde wat ek in my arms hou. Ons sal mekaar bly vashou tot ons langs mekaar aan die slaap raak. Ons woorde min, want die eindelose omhelsing sal als vertaal wat ons wil sê. Wat ons wil weet. Kupido sal sy hande warm maak in die vlamme van ons liefde, trots op die pyle waarmee hy ons drie jaar terug tydens die pandemie geskiet het. Ek het ñ masker gedra, maar toe my oë joune vind was daar dadelik iets... Drie jaar later is ons liefde steeds verbode. Maar my hart is nie onstuimig nie, want jy is my droomboot. Van almal wat kon, van almal wat wou is jy die een wat my innig sou liefhê. Jy is die een wat sal soek tot anderkant my oë, my gesig, my bene... jy sou tot anderkant dit alles soek, my daar bang en verskrik vind. Maar jy sou my steeds liefhê. Soek vannag na my totdat jy in my drome staan... daar kan jy my vertel dat dit altyd goed gaan as jy my sien, soos twee weke terug. Daar sou ek smalend vra dat jy dit bewys!
1 note · View note
drifted-writer · 11 months
Text
brief aan reeken:
alles wat ek vir jou wil sê, alles wat ek moet sê, ek het al honderde kere oordink en oordryf en dit oorrompel my hart. elke deel van my verlang na elke deel van jou.
ons verhouding was te jonk en te vroeg om te gaan waardeur dit het. daar was geen manier wat ons dit sou maak nie, want waar ander sou redeneer dat dit sterker kon word, weet ek dat dit onmoontlik was. dit was onmoontlik van jou om te weet wat ek nodig gehad het en dit was onnodig van my om dit net van jou te verwag. ek voel nie dit was 'n toets nie, ek voel nie dat dit beter is omdat ons nie deur dit kon kom nie. dit was onregverdig. dit was onvanpas. ons kon 'n beter kans verdien, en dit help nie ek blameer god nie. dit help nie ek blameer enige iets nie. dit was onbenullig. jy het dit nie verdien nie. ek het ook nie. ons verhouding het dit nie verdien nie, maar waardeur dit moes gaan kon ons net nie hanteer nie.
ek wou jou vir so lank nog lief hê, ek wil jou vir lank nog mag lief hê. ek wil geloof vind in jou omgee en wil jou 'n toekoms gee waarvoor jy mag uitsien.
om te sê dat dinge reg is, is 'n leuen en dit gee net die kans vir dinge om nie te verander nie. dit is nie goed nie, maar dit kan beter word.
my hart is steeds soet en sag vir jou, maar my woorde lê soms bitter in my mond. ek kan redes gee vir hoekom ek dink jy aaklig was of hoe jy beter kon wees. maar waar los dit my? ek bly steeds lief vir jou, en ek moet daarmee lewe.
asseblief moet my nie vergeet nie, asseblief moet nie kies om klaar te wees met my nie.
ek moes alle sinne en woorde wat manipulerend kan voorkom, vermy. ek wil nie as 'n narsistiese mens voor jou staan en verduidelik dat ek kan beter word en dat ek sal verander vir jou nie. die waarheid is dat ek dit nie weet nie. ek wil nie terugkruip na jou toe nie, want dit sal iets wees wat ek nog nooit vir iemand anders wou doen nie. ek wil nie smeek vir jou vergifnis nie, want ek moet ook vergewe. die rede vir my onbekwaamheid is omdat ek ongeliefd gevoel het. ek het gevoel en geweet dat ek jou gaan verloor en ek wou dit eerder erger maak as wat ek dit wou uitrek. ek moes nie. ek moes probeer het voordat ek dit elimineer het. ek moes val na my knieë en begin bid. ek wou bid. vir 'n godsonmoontlike rede het ek gevra hoekom jy my nie meer lief het nie, voor iemand wat ek nie glo bestaan of na my luister nie. ek weet nie wat om te maak met my woede nie, maar ek weet ook nie wat om te maak met al hierdie liefde wat ek probeer terughou nie.
verstaan net. ek het groot geword in 'n huis waar woede 'n afwesigheid van liefde beteken het, en waar stilte en spasie beteken het dat liefde weggeneem sou word. ek moes leer dat iemand spasie kan vat en steeds ten volle toegewyd kan wees, en waar woede gegun mag word, omdat dit tydelik is. jy mag kwaad wees, en steeds lief wees vir my. jy mag spasie verdien, en steeds die liefde tussen ons by jou dra.
ek bly lief vir jou, al het jy niks mooi teenoor my te sê nie. daar rus nie bitterheid in my hart teenoor jou nie.
0 notes
rausule · 10 months
Text
bietjie daarop wil gaan pik, sal ek intussen julle neste oppas."
Die rawe was natuurlik baie dankbaar en gou vlieg hulle daar weg, in die rigting waar Hasie beduie het. Maar soos julle julle kan voorstel, het die perde gou agtergekom dat niemand na hulle kyk nie en het in 'n kits na alle windstreke weg- gehol.
En Hasie, die onnutsige ding, het nooit die rawe se neste opgepas nie. Hy wip sommer daar weg, op soek na verdere avonture.
Toe kry hy 'n seuntjie wat skape oppas. ,,Middag, Skaapwagtertjie," groet hy weer vrien- delik.,,Gaan dit goed met jou?"
,,Ja, dankie, Hasie," antwoord die seun.,,Bring jy goeie nuus?"
Nuus?" vra Hasie.,,Al te seker. Gaan kyk 'n bietjie in daardie klompie bome: daar sal jy pragtige raafneste kry. As jy net in die bome klim, sal jy hulle maklik bykom. Ek sal intussen na jou skape kyk."
Tumblr media
,,Baie baie dankie," roep die seun opge- uit.,,Ek wil juis so graag 'n raafnes besit."
Sonder meer gooi die seun sy herderstaf na Hasie en hardloop so gou soos hy kan in die rigting van die bome. En wil jy glo, hy het netsy rug gedraai en daar wip-wip Hasie weg, op soek na verdere avontuur.
Met vinnige hale spring hy oor die mooi, groen gras. Toe gaan sit hy op sy hurke en bespied die wêreld. Daar op 'n afstand sien hy 'n donker skaduwee al nader kom. Naderhand sien Hasie dat dit broer Wolf is. Maar Wolf gewaar hom nie dadelik nie en Hasie kug so saggies, om sy aandag te trek.
,,A! my ou vriend," begin Hasie.,,Lekker dag, nè?"
,,Lekker dag, jou voet!" brom Wolf baie nors. ,,Hoe kan ek 'n lekker dag geniet as daar niks te ete is nie? Dis miskien 'n goeie plan om jou sommer op te vreet."
Tumblr media
Hasie se hare het van pure skrik orent gekom, en sy baard het sommer slap gehang.
,,Wat sêêêêê... Oom?" vra hy bangerig. Wolf sluip al nader, met 'n nare honger-uitdrukking in sy oë.
,,Ek het gesê dat ek jou sommer sal opvreet!"
,,0...0, O," piep Hasie. Ek dink nie dis 'n goeie plan nie. Kyk, Wolfie-lief, ek is net vel en been. Ek het lanklaas geëet."
Tumblr media
„Ek ook. En as ek niks vetter kan kry nie, sal ek maar by jou begin."
Nie so haastig nie, Wolfie, nie so haastig nie. Ek kan jou sê waar lekker, vet is. Sommer 'n hele trop. Heerlike, sappige skaapvleis! Kyk, daar wei hulle op die veld wagter om na hulle te kyk!" sonder 'n skaap
Wolf kyk waar Hasie wys en toe hy die skape sien, lek hy sy lippe af. Jy's darem 'n gawe kêrel, Hasie! Tot siens! Ek hoop jy kry ook iets om te eet." Hy sluip gou daar weg en in 'n kits is hy tussen die skape, wat blêrend in alle rigtings hardloop.
Hasie slaak 'n sug van verligting dat hy so gou van Wolf ontslae geraak het. Hy lag tog al te lekker en wip-wip is hy daar weg, op soek na nuwe avonture.
Hierna het Hasie maar stadig gevorder, want hy wou ook sy honger stil. Hier pluk hy 'n groen grassie af, daar 'n sappige blaartjie. Maar hy kon niks verder vind om te doen nie. Wei-wei kom hy naderhand bo-op 'n berg. Daar gaan sit hy op sy hurke, om die wêreld te bekyk.
En watter vreeslike toneel het hy voor sy oë gesien!
Tumblr media
Eers het hy so effentjies gegiggel, met sy pootjie voor sy mond. Toe haal hy sy pootjie weg en giggel hardop, met sy mond wawyd oop
En wil jy glo, toe sit hy op sy hurke en skater soos hy lag. Sy lyfie ruk so van die lag dat sy ore flap-flap om sy gesig. Later rol hy soos hy lag sy vier pootjies in die lug. Hy het so baie gelag dat die trane eintlik gestroom en die grassies natgemaak het.
En waarom het die onnutsige ding so baie gelag? Van bo-op die berg kon hy duidelik al die kattekwaad sien wat hy aangerig het. Dit was vir hom al te snaaks.
Hy sien hoedat die tier dood onder die krans lê en hoe die arme boer sukkel om daar te kom, en hoe die takke van die bome sy klere skeur. Hy sien hoedat die perde weghol omdat niemand na hulle kyk nie; hy sien hoedat die rawe se neste besteel word terwyl die rawe agter die perde aanvlieg; en hy hoor hoedat die skape jammerlik bler omdat Wolf onder hulle is, terwyl die wagter voëlneste soek.
Ha! Ha! Ha!" juig Hasie. Ek het dit alles gedoen. Slim Hasie! Ek is tog so slim! Ha! Ha! Ha!"
Toe begin hy weer opnuut lag, en hy lag en lag en lag totdat-ja, dis waar- - totdat sy lip bars.
Tumblr media
Ek jok nie. Van daardie dag af het elke hasie
'n gesplete lip. En as jy my nie glo nie, moet jy maar self gaan kyk dit wil sê as jy vir Hasie kan vang, eendag as hy op soek is na nuwe avonture. -
TOEPASSING
(1) Watter van die volgende sinne beskryf Hasie die beste?:-
(a) Hasie was sommer 'n mooi diertjie. (b) Hasie was 'n liewe, onskuldige diertjie.
(c) Hasie was 'n baie dapper diertjie. (d) Hasie was 'n mooi, maar baie skelm en onnut
sige diertjie. (2) Hoekom het arme ou Tier so gebewe? Wat het Hasie gedoen om hom te help? (3) (a) Waaraan sal jy altyd dink as jy na Hasie se
gesplete lip kyk?
(b) Dink julle Hasie het dit verdien dat sy lip gebars het? (4) Waar sou julle na Tibet op 'n landkaart gaan soek? (5) Wanneer: (a) loop 'n mens jou rieme styf?
(b) trek 'n mens iemand se siel uit?
(6) Veronderstel jy was Hasie, Watter plan sou gemaak het na Tier jou wou opeet? (7) Wat dink jy was die atoutste ding wat Hasle gedoen
0 notes
lyrics724 · 2 years
Text
Dik En Dun
Jy wat die deure so toe klap elke keer as jy weg stap Jy weet jy maak nie reg En ek ek kan somtyds so stil raak as die dinge te veel raak Ek weet ek maak nie reg Maar ons verloor mekaar elke keer net voor jy weg stap So dink bitter mooi voor jy praatKry my daar waar ons deur die dik en die dun by mekaar kom En my hart weer ‘n pad na jou hart deur die trane vind Wys my waar die goed en die kwaad…
View On WordPress
0 notes
sugarmusicnews · 4 years
Text
Ek Wil Net Huis Toe Gaan – Koos Kombuis & David Kramer
Ek Wil Net Huis Toe Gaan – Koos Kombuis & David Kramer
Tumblr media
Langpad Na Lekkersing – Koos Kombuis
Is there some rule written somewhere that if you record a phenomenally good Afrikaans song then the video has to involve a lot of lights all over the place as the 2 best Afrikaans songs I have ever heard – Francois van Coke & Karen Zoid’s ‘Toe Vind Ek Jou’ and Koos Kombuis & David Kramer’s ‘Ek Wil Net Huis Toe Gaan’ – both had a light motif going on in the…
View On WordPress
0 notes